ႇ
HOOFSTUK 6
DIE OESDAG IS EEN VAN
DAARDIE GEBEURTENISSE
WAT ’N MENS NIE DURF
MISLOOP NIE, WANT OOR
DRIE DAE IS DIT WAAR
ALLES OP DIE GEBIED VAN
LANDBOU GEBEUR.
– Mnr Japie Grobler,
Voorsitter van NAMPO; 1996.
DIE NAME VAN VERSKEIE SALE OP NAMPO PARK IS
AAN DIE OESDAG SE GESKIEDENIS ONTLEEN
•
Donkerhoek-saal
(plaas van mnr Hannes van Wyk, waar die eerste
Oesdag gehou is)
•
Hopefield-saal
(mnr Moos Haddad se plaas, waar die Vrystaatste
Oesdae aangebied is)
•
SAMPI-saal
(voorganger van Graan SA)
•
NAMPO-saal
(voorganger van Graan SA)
•
Fanie Ferreira-saal
(laaste Voorsitter van SAMPI en eerste Voorsitter
van NAMPO)
•
Roodebank-saadsaal
(mnr Flip Viljoen se plaas, waar die Oos-
Transvaalse Oesdae aanvanklik aangebied is)
Die Oesdag se sukses en groei was ’n bevestiging dat SAMPI ’n unieke resep beet
gehad het. Om ’n verskeidenheid trekkers en werktuie onder werkende toestande
op ’n nie-mededingende basis op een perseel te demonstreer, het ’n dringende be-
hoefte van mielieprodusente aangespreek. Hoewel die reëlingskomitee vernuftig te
werk moes gaan om meganisasie-uitstallers te oortuig om deel te neem, was die
Oesdagkonsep besig om vinnig veld te wen – tot SAMSO en kie se ontsteltenis, maar
tot opbou van ’n onblusbare gees van samehorigheid wat besig was om in SAMPI-
geledere pos te vat.
Hierdie gewildheid het daartoe gelei dat bykomende oesdae vanaf 1969 op ’n
streeksbasis onder die vaandel van SAMPI se Sentrale Oesdagkomitee gehou is,
naamlik een op die Oostelike Hoëveld (vandag Mpumalanga) en een in die Wes-
Transvaal (die huidige Noordwes Provinsie). Die Oesdag wat naby Standerton ge-
hou is, is aanvanklik op die plaas Roodebank van mnr Flip Viljoen aangebied. Dit
het later jare verskuif na die plaas Uitgezocht van mnr Tienie Louw in die Hendrina-
distrik. By Ottosdal is dit aangebied op die plaas Rietvlei van Me Annie Lombard.
Teen 1972 het die drie Oesdae op verskillende terreine met ’n bywoning van meer
as 11 000 produsente gespog.
Eerste nasionale Oesdag
Teen 1972 is ’n Sentrale Oesdagkomitee gevorm om die streeksoesdae te oorsien.
Mnr Janneman Venter, Voorsitter van die komitee, het in 1972 ná ’n besoek aan die
VSA om die Field Show-model te ondersoek en in samewerking met die vervaardi-
gers, die saadjie geplant van een sentrale Oesdag maar op ’n groter skaal.
Dit het vir SAMPI ’n doelwit geraak om ’n permanente oesdagterrein die jaarlikse
middelpunt van landboumeganisasie in Suid-Afrika te maak. Die verskaffers van
meganisasietoerusting en werktuie het ook aangevoer dat een sentrale uitstalling-
en demonstrasiepoging vir hulle meer bekostigbaar en effektief as drie afsonderlike
’n Beheerde meganisasie-demonstrasie tydens die Oesdag in 1972.
Teen 1972 het die streeksoesdae al beslag
gekry. Só lyk die plakkaat van daardie jaar.
“
”