Previous Page  34 / 37 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 34 / 37 Next Page
Page Background

DIE

GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF

VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD

Ondersoek na deregulering afgeskop

Reeds met die aanvanklike ondersoeke na en aanvaarding van eenkanaalbemar-

king in Suid-Afrika het ernstige meningsverskille daaroor bestaan. Die Kommissie

van Ondersoek insake Samewerking en Landboukrediet (1934) het dit ten sterkste

afgeraai en die mening is by verskeie geleenthede uitgespreek dat die stelsel nie

oor die lang termyn kan werk nie. Die sogenaamde Kassier-verslag (1992) het ook

redes aangevoer waarom dit nie langer kon voortgaan nie en uitgewys hoe dit

aansluit by die motivering vir die aanvanklike teenkanting teen die stelsel.

Ten spyte van al die teenkanting teen beheerde bemarking is herhaaldelik deur

verskeie forums uitgewys watter enorme rol die stelsel in die vestiging, ontwikke-

ling en vooruitgang van die landboubedryf in Suid-Afrika gespeel het. Uiteindelik,

egter, het die dryf na ’n vryemarkstelsel geseëvier en is die landboubemarkings-

landskap in Suid-Afrika in 1997 eensklaps radikaal verander.

Dit blyk dat die faktore en omstandighede wat die grootste bydrae tot die verslap-

ping van beheermaatreëls, uiteindelike afskaffing van die eenkanaalbemarking-

stelsels en gevolglike deregulering van landboubemarking in Suid-Afrika gemaak

het, vanuit die mieliebedryf afkomstig was. Die weerstand wat met verloop van tyd

teen die Somergraanskema en die maatreëls wat daarkragtens ingestel is, opge-

bou het, tesame met die toenemende wêreldwye beweging na vrye handel, het ’n

wesenlike rol in die proses gespeel, meer as enige ander landbouvertakking.

Veranderende omstandighede as gevolg van die hoë groeikoerse van die Suid-

Afrikaanse ekonomie in die 1960’s en 1970’s (5% en 3%, onderskeidelik), tesame

met ’n verskeidenheid van beleidsveranderings in die latere gedeelte van daardie

tydperk, het daarop begin dui dat die landbousektor gereed was vir verandering.

In 1976 is ’n kommissie van ondersoek na die Bemarkingswet, die Wentzel-kom-

missie, deur die Parlement aangestel om verslag te doen en aanbevelings voor

te lê oor die struktuur van beheerde bemarking, met spesifieke verwysing na die

samestelling, bevoegdhede en funksies van die Nasionale Bemarkingsraad, die

historiese ontwikkeling van beheerde bemarking, sekere aspekte van die toepas-

sing van die bemarkingskemas en die funksies van die beheerrade.

Die Kommissie het bevind dat ’n mate van staatsbeheer oor die bemarking van land-

bouprodukte wel nodig was. Hulle was van mening dat die beheerraadstelsel wat

met verloop van tyd ontwikkel is, ’n belangrike bydrae tot gesonde en gebalanseerde

landbou-ontwikkeling in Suid-Afrika gemaak het. Die Kommissie het ook verskeie

aanbevelings gemaak wat na hulle mening onmiddellik aandag moes geniet.

Die 1980’s is gekenmerk deur volgehoue druk om die beleidsrigting te verander.

In 1983 het die Jacobs Komitee ’n verslapping van die eenkanaalbemarkingstelsel

voorgestel, wat egter deur die Minister van Landbou verwerp is. In 1984 is ’n Wit-

skrif oor Landboubeleid deur die Minister van Landbou ter tafel gelê, waarvan die

doelstellings was om ekonomiese, politieke en sosiale stabiliteit te verseker deur ’n

ekonomies gesonde landbousektor te bevorder, natuurlike landbouhulpbronne te

optimaliseer en dit te bewaar.

Politiek-ekonomiese druk in hierdie tyd het tot ’n meer markgerigte benadering in

die bemarking van landbouprodukte in Suid-Afrika bygedra. Hoewel die bemarking-

stelsel aanvanklik nie totaal hervorm is nie, is die benadering ten opsigte van die

toepassing van die Bemarkingswet met verloop van tyd meer markgerig aangepas.

In die mieliebedryf het deregulering in effek al vanaf 1987 begin toe die Mieliebe-

markingskema van ’n eenkanaalvasteprysskema na ’n eenkanaalpoelskema veran-

der is en die Mielieraad toegelaat is om self oor die vasstelling van die mielieprys te

besluit. Dit is wel volgens ’n vasgestelde basis gedoen en het tot gevolg gehad dat

mieliepryse jaarliks gefluktueer het, maar die Staatsbeheer is verslap.

Die Mielieraad het ook begin om direkte transaksies tussen produsente en plaas-

like verbruikers toe te laat en die beperkings in hierdie verband mettertyd geleide-

lik verslap. Geringe prysdifferensiasie is tussen verskillende lokaliteite toegelaat,

’n teken dat deregulering aan die orde van die dag was. Die enorme tekort wat teen

die middel tot laat 1980’s in die Stabilisasiefonds vir mielies opgebou het, het ver-

skeie rolspelers en beleidsvormers laat besef dat die stelsel nie op die bestaande

ႅႆ