Previous Page  30 / 37 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 30 / 37 Next Page
Page Background

DIE

GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF

VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD

ႅႂ

Die landbou-koöperasies het voortgegaan om as agente van die Sorghumraad op

te tree vir die ontvangs en versending van sorghum en vir die betalings wat aan

produsente gemaak moes word.

Missie en doelstellings

Die Sorghumraad se belangrikste strewe was om langtermynstabiliteit en -groei in

die sorghumbedryf te bevorder.

Die doelstellings van die Sorghumraad was:

• Om die bemarking van sorghum en sorghumprodukte, insluitende die uitvoer

daarvan, ooreenkomstig die bepalings van die Bemarkingswet en die Sorghum-

skema te orden; en

• om die vraag na sorghum en sorghumprodukte ooreenkomstig die bepalings

van die Bemarkingswet en die Sorghumskema te bevorder of te stimuleer, hetsy

binne of buite die RSA.

Funksies en bevoegdhede

Die vernaamste funksies en bevoegdhede van die Sorghumraad was:

• Om markinligting te verskaf;

• om teen die prys of die grondslag wat die Minister goedkeur, sorghum of

sorghumprodukte te koop en te verkoop;

• om die surplusverwyderingskema te administreer;

• om bystand te verleen vir navorsingswerk ten opsigte van sorghum of sorghum-

produkte;

• om ’n databasis en inligtingsdiens te vestig;

• om markontwikkeling te onderneem en die vraag na sorghum en sorghumpro-

dukte te stimuleer;

• om met die oog op verkryging van fondse, heffings op sorghum en sorghum-

produkte in te stel;

• om ’n inspeksiediens in te stel ten einde, onder andere, die invordering van

heffings te kontroleer; en

• om onder sekere omstandighede beperkings te plaas op die verkoop van sor-

ghum.

Navorsing wat deur die Sorghumraad gedoen is, is deur statutêre heffings befonds.

Agente

Dit was hoofsaaklik die landboukoöperasies wat as agente van die Sorghumraad

opgetree het vir die ontvangs en opberging van surplus sorghum. Opbergings-

fasiliteite het aan die agente behoort wat deur die Sorghumraad vir die koste van

opberging en hantering van sorghum vergoed is. Die koöperasies het gewoonlik ook

produksiekrediet vir die verbouing van sorghum aan produsente verskaf.

Samestelling

Die Sorghumraad is uit nege lede saamgestel, synde verteenwoordigers van pro-

dusente (5), moutvervaardigers (1), veevoervervaardigers (1), die groothandel (1) en

agente van die Raad (1).

BEPERKTE HOEVEELHEDE SORGHUM IS

UITGEVOER EN ’N INVOERTARIEF IS OP INVOERE

GEHEF. IN- EN UITVOERE VAN SORGHUM WAS

ONDERHEWIG AAN KWANTITATIEWE BEHEER.