Background Image
Previous Page  74 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 74 / 76 Next Page
Page Background

72

Beste Grootneef

s

oos Buurman altyd sê: Arm en lelik is niks, maar onnosel...

Daarvoor is daar nie pille nie. Oral hoor jy van ‘n gerommel

en gerugte van rommel. Dit is nou nie Rommel in die noorde

van Afrika met sy Duitse offensief teen die Geallieerdes

nie; dit is rommel hier in ons eie Suidland. Hoe kom ons

weer uit dié

jem

blik? Voorwaar, elke paradys het ‘n slang.

Buurman vertel verder van al die rommel in Zim. Daar kan jy nou

skoolfondse met boerbokke betaal, omdat hul kontant op is. ‘n

Boerbok is op sy beste maar ‘n vloeibare belegging, want jy weet

nooit aan watter kant van die draad hy die volgende dag is nie.

Wat gaan die skole met al die bokke maak? Eersdaags is daar meer

bokke as kinders in die skole. En ‘n bok is ‘n blikskottel.

Buurman het ook laat weet dat die Reserwebank in Zim beroof is,

maar dat niemand die motief vir die roof kon bepaal nie. En as jy

op Air Zim se vliegmasjien klim en hulle vra oor “chicken or beef”,

gaan dit oor jou bagasie. En dat hul president

die Nobelprys vir Chemie gaan kry, want hy

het die Zim-dollar in bollie verander.

Só kan ons aangaan met stories oor ‘n land

en sy mense wat te lank in ‘n rommelhoop

vasgekeer was. Maar hoe tragies van ‘n eens

voerspoedige land, dat duisende van sy

mense nou oor die Limpopo vlug omdat hul

nie meer ‘n bestaan in Zim kan maak nie.

Hopelik kom ons Suidland betyds uit die

rommelstatus, voor die res van die wêreld

simpel grappies oor ons begin maak. Maar

nou ja, politiek en politici is die gevolge van

die sondeval.

Ou Neef, soos my barbier uit Marokko altyd

sê, “a happy wife is a happy life!” Ons moet in

hierdie moeilike dae fokus op dinge waaraan

ons ‘n verskil kan maak. Dit help tog nie om

jou te kwel oor wat die rand gaan maak nie.

Dié sal wel op- of afgaan, maar nie noodwen-

dig in daardie volgorde nie. Maar dit is dalk

‘n goeie tyd om daardie los skuldjies toe te

maak. Dit sal waarskynlik eers moeiliker gaan,

voordat dit beter sal gaan.

Sukkel julle ook so om geloodte petrol vir

die ou voertuie in die hande te kry, ou Neef?

Die rooi LRP-petrol raak nou so skaars soos

hoendertande. Ons het maar ‘n paar sinkers

in die ou bakkie se petroltenk gegooi, net om hom nog so ‘n

loodasempie met al die nuwe

unleaded

petrol te gee.

Buurman laat weet dat hul oor Paastyd rondgery het tot op Pater-

noster. Daar kuier hulle toe die een aand tot laat met die mense

van die kontrei. Synde uit ‘n ander geweste, vra Buurman sommer

bietjie uit oor die Weskus en oor die naglewe in Paternoster. “Nee,”

laat weet die man wat die wyne skink, “sy is vanaand op Yzerfontein!”

Ou Neef, so tussen die skete en pyn is daar tog altyd ‘n vonkel vir die

oog. Dit hang net af van die bril waarmee jy na die lewe kyk.

‘n Boereplesier wat wag is NAMPO 2017. Vat tog vir Vroulief saam om

jou op die regte pad te hou. Sy is jou gewete voordat jy te hard aan ‘n

groen trekker se wiele skop en begin voel-voel na daardie tjekboek.

Groete op die Oosgrens! Sien jou op NAMPO.

Kleinneef

E-POSSE

aan Groot neef

Die rommelhoop

Lesers is welkom om ‘n e-pos aan Kleinneef te stuur by

kleinneef@graingrowers.co.za

.

Mei 2017