Background Image
Previous Page  69 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 69 / 76 Next Page
Page Background

Sonneblom

Die effek van die plantdatum op opbrengs en plantagronomie, die

effek van veranderlike stand op opbrengs en plantagronomie, die

effek van rywydte op opbrengs en plantagronomie en die effek van

rywydte op wortelverspreiding is bespreek. Sonneblomproewe is

geanaliseer en LNR-sonneblomdata is weergegee. Pannar handhaaf

‘n uitstekende prestasierekord in die LNR se nasionale proewe

landswyd – vir die afgelope twee jaar het Pannar ses uit die top tien

sonneblombasters in LNR se nasionale proewe gelewer.

Suksesvolle sojaboonproduksie

Die verhouding tussen sojaboon- en mielieopbrengsverhoudings

in die Noordwes Provinsie, asook verbeterde praktyke en siektebe-

heer, is bespreek.

Suid-Afrika se gemiddelde sojaboonopbrengste:

Mpumalanga: 1,7 t/ha

Noordwes Provinsie: 0,9 t/ha

Vrystaat: 0,9 t/ha

Argentinië se gemiddelde opbrengste is 2,91 t/ha, Brasilië 3,08 t/ha

en VSA 3,09 t/ha.

Weidingspakkette

Meer inligting oor Pannar se lusern, eenjarige en meerjarige raai-

grasse, kleingraangroenvoer, Japannese radys, voersorghum en

basterbabala is verskaf.

Graansorghum

Waarom moet produsente graansorghum oorweeg? Graansorghum

kan in droogtetoestande ‘n groeistilstand handhaaf, dit het ‘n

baie sterk en effektiewe wortelstelsel, die stamme en blare het ‘n

wasagtige lagie wat die plant teen uitdroging beskerm, sorghum

is tot 30% meer vog-effektief as ‘n mielieplant en nie so sensitief

gedurende bestuiwing as mielies nie. Markte, asook luise vroeg

in die seisoen, bly egter ‘n struikelblok vir sorghumprodusente.

Amerikaanse bolwurm kan ook ‘n probleem wees, omdat daar

weerstand teen ‘n oormaat chemiese middels is. Produsente moet

dus eerder twee chemiese groepe vir bespuiting gebruik.

Geskik vir ontbossing

L

iuGong se 906D minigrondverskuiwingsgraaf het ál die

eienskappe van sy groter broers, wat spog met ‘n oormag

krag, duursaamheid en brandstofdoeltreffendheid.

Die 906D word aangedryf deur ‘n Yanmar 4NTV94L-enjin en pro-

duseer 52,3 kW brute krag. Die ROBS- en FOBS-kajuit bied wye

sigbaarheid met gemaklike beweegruimte. Die 906D, net soos

middel- en swaargrootte grondverskuiwingsgrawe, word toege-

rus met ‘n elektroniese beheerpaneel om te verseker dat alle be-

dryfstoestande en doeltreffende werk deur die operateurs bereik

sal word.

‘n Kompakte struktuur en unieke ontwerp maak dit maklik om

die masjien te onderhou en om sodoende aanhegsels te kan

akkommodeer. Met ‘n verskeidenheid van verskillende bakke,

hidrouliese brekers en baie ander aanhegsels, is dit nou vir die

eerste keer in Suid-Afrika beskikbaar met die BurGerS bossie-

kapper. Die perfekte kombinasie is ‘n 906D minigrondverskui-

wingsgraaf met ‘n ontbossingsaanhegsel.

Die BurGerS bossiekapper se sterk-geboude struktuur en Wolf-

ramlem van 5 mm x 750 mm verseker dat geen taak te groot of te

moeilik is nie. ‘n Lembeskermer, veiligheidsrooster vir die voorruit en

‘n flens wat die lem teen enige buiging beskerm, verseker veiligheid

ten alle tye. Die bossiekapper se hidroulika word verbind met die

hamerpype van die masjien en werk met die eenvoudige druk van ‘n

knoppie op die stuurstok.

‘n Besondere ontbossingsaanhegsel gekoppel aan ‘n uitsonderlike

masjien.

ANKE BURGER,

LiuGong

LiuGong 906D met

ontbossingsaanhegsel.

Produk-inligting