Background Image
Previous Page  65 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 65 / 76 Next Page
Page Background

DIE REGTE ONDERDEEL

OP DIE REGTE TYD

Vir meer inligting oor AGCO-onderdele, kontak jou naaste

BHBW-handelaar of skakel 011 898 0342/0378.

HP Roos (middel), onderdelebestuurder van Hoopstad Trekkers, met

Jacques van Zyl (links) en sy pa Willem.

63

Indien die plant nie die nitraatioon (NO

3

-

) opneem en ‘n hidroksielioon

(OH

-

) vir elke nitraatioon uitskei wat H

+

neutraliseer nie, sal die grond

versuur.

Dit kan gebeur wanneer NO

3

-

uitloog met swaar reën of tydens

droogte waar plante nie plantvoedingstowwe kan opneem nie.

Swaar reën na droogte, soos wat hierdie seisoen voorgekom het, sal

beslis tot grondversuring lei.

Indien uiters fyn kalk slegs in die kunsmisband teen verlaagde vlakke

sonder om die algehele suurheidsvlak van die grond te bestuur,

toegedien is, kan ondergrondversuring beslis plaasvind.

Produsente moet praktyke soos “vooraf”-bemesting evalueer en die

impak daarvan op grondversuring bepaal.

Moontlike opheffing van die probleem

Riglyne vir die hantering van dié probleem word in Fertasa se

Bemestingshandleiding

gegee. Fertasa-lede se landboukundiges is

ook gerat om met hulle wye kennis en ervaring advies te gee oor hoe

om die probleem te kan hanteer.

Enkele aspekte wat in ag geneem sal moet word, is die volgende:

Die presiese omvang en posisie van die versuring moet vasge-

stel word.

Daar is ‘n mening dat gipstoediening ondergrondsuurheid

op die sanderige gronde van die Vrystaat sal ophef. Dit kan ‘n

riskante praktyk wees, aangesien gips slegs op ondergronde

met voldoende seskwioksiedes die selfbekalkingseffek kan

lewer. Op sanderige gronde kan magnesium uitloog al word die

gips met dolomietiese kalk toegedien. Kalium word ook uit die

bogrond gestroop met gipstoediening. Die hoeveelheid gips wat

by die kalk gevoeg is, verminder die hoeveelheid kalk toegedien

en dit moet in berekening geneem word.

Dit sal ongelukkig in heelwat gevalle nodig wees om dieper as

normaal te bekalk wanneer gronde dieper as die bewerkings-

diepte versuur is. Daar sal gekyk moet word na geskikte imple-

mente en bewerkings om die kalk doeltreffend toe te dien.

Geenbewerking het ook sy eie uitdagings indien ondergronde

versuur is.

Die effek van bogrondse bekalking kan in die profiel afbeweeg,

maar dit vat etlike jare en intussen kan oesverliese gely word.

Herversuring sal egter verhoed moet word deur effense “oor-

bekalking” van die bogrond.

Samevatting

Dit kan nodig wees om al die veranderlikes by ‘n werkswinkel of

konferensie waar produsente en adviseurs teenwoordig is, te

bespreek. Fertasa-lede het hul bereidwillig verklaar om in hierdie

opsig insette te lewer. Grondversuring is ‘n natuurlike proses wat

reg bestuur moet word. Indien bekalking wetenskaplik benader

word, is dit altyd oor die lang termyn winsgewend.

Dit is uiters belangrik dat gewone bemesting van gewasse nie

agterweë gelaat moet word nie. Kalk kan nooit die plek van bemes-

ting inneem nie: Bekalking en bemesting is altyd aanvullend

tot mekaar.

3

3:

n Mieliewortel met aluminiumvergiftiging

Foto: Mart Farina