Background Image
Previous Page  67 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 67 / 76 Next Page
Page Background

Navorsing is kwaliteit – en prioriteit

D

ie MBFi-inligtingsdae het vanjaar vir die tweede jaar op

toer gegaan en verskeie streke in die graanverbouingsge-

bied bedien. Dié reeks van vier afsonderlike dae is op

Bethlehem, Bethal, Frankfort en Delmas gehou. Sodoende

kan grootskaalse proewe in elke streek in die verskillende grondtipes

en klimaattoestande gedoen word.

Volgens mnr Jonathan Etherington (hoof uitvoerende beampte:

MBFi) het hulle hul Agricultural Excellence Centres gevestig om

te verseker dat die maatskappy se navorsing deurlopend van

uitstekende gehalte is.

Op die Delmas-perseel, wat ook die hoofkantoor van MBFi is, is

daar 1 248 statistiese blokke met 312 verskillende behandelings

van produkte en 36 sy-aan-sy-proewe. “Dit verseker dat ons deur-

lopend groei en as landbouers volhoubaar bly,” het hy tydens die

Delmas-inligtingsdag genoem. Hy het ook die toestande waarin die

gewasse geplant is, bespreek – wat onder meer bestaan uit vier

verskillende grondtipes en 21 verskillende gronddieptes.

Van die proewe wat tydens die dag vertoon en gedemonstreer is,

is biologiese swamdoders, blaarvoeding en bio-stimulante, ‘n nuwe

tipe bakterieë vir mielies, ‘n nuwe generasie kunsmis, watergehalte-

verbeteraars, stikstofbestuur en ‘n verskeidenheid entstowwe.

Tydens die proefbesoeke het mnr Alejandro Lehmann van Rizobacter

‘n kort voorlegging oor entstowwe gedoen. Hy het genoem dat

sojabone ‘n veeleisende gewas is wat stikstof betref, aangesien

dit ‘n peulgewas is en hoë vlakke van proteïen bevat. Hy het ook

die stelling gemaak dat hoe meer stikstof beskikbaar is, hoe hoër

is die opbrengs – daar is dus ‘n direkte verhouding tussen stikstof

en opbrengs.

Die verskil in die vraag na stikstof se aanpassing by die seisoene

is ook bespreek, asook die feit dat plante verskillende bronne

van stikstof kan gebruik en dat stikstofbinding baie energie van die

plant verg. Stikstofbinding kan op sy eie genoeg stikstof vir sojabone

verskaf om in die plant se stikstofbehoefte (met die oog op hoë

opbrengs) te voldoen.

By ‘n ander proefpunt het mnr Christo Kritzinger (Navorsing en

Ontwikkeling: MBFi) genoem dat proewe jaarliks gedoen word en

dat die maatskappy oor ‘n wye verskeidenheid kennis en inligting

beskik wat prakties en toepasbaar oorgedra moet word.

“Ons bevraagteken alles – ons wil weet waarom kry ons reaksie

uit plante met sekere produkte. As ons dit weet, kan ons ons pro-

gramme verbeter.” Volgens hom kom alles neer op plantfisiologie.

“Dit gaan oor energieomskakeling in ‘n plant – stikstof is ‘n energie-

komponent, maar hoe essensieel is stikstof op ‘n laat stadium vir ‘n

plant? Dit is net so essensieel soos die mikro-elementekomponent,”

het hy gesê.

65

May 2017

AKTUEEL

ELMARIE HELBERG,

SA Graan/Grain

medewerker

1: Apie Meintjies (Bronkhorstspruit),

Jaco Haasbroek (Delmas) en Roelof le Roux

(Delmas) het baie waarde uit die MBFi-

inligtingsdag op Delmas geput.

2: Verskeie proefpunte waar verskillende

onderwerpe bespreek is, was tydens die dag

beskikbaar.

3: Alejandro Lehmann het baie klem op die

waarde van stikstof by sojabone tydens sy

voorlegging geplaas.

1

3

2

Produk-inligting