Background Image
Previous Page  68 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 68 / 76 Next Page
Page Background

Mei 2017

66

‘n Reënboog produkte en

oplossings ten toon gestel

P

annar se jaarlikse Extravaganza-inligtingsdae het weer

onlangs ‘n verskeidenheid streke bedien. Die Noordwes-

dag van die reeks, op 15 Maart naby Biesiesvlei, het sterk

aftrek gekry en produsente, skole en ander rolspelers in die

bedryf het opnuut nuwe kennis oor Pannar en sy produkkombina-

sies opgedoen. Verskeie toere is tydens die dag aangebied.

Witmielies

Tydens hierdie voorlegging was wortelontwikkeling, die fondasie

van graanverbouing, ‘n sterk besprekingspunt. Mielies se wortel-

stelsel is met sonneblom s’n vergelyk en die onderskeie kiemwor-

tels, sekondêre/kroonwortels, primêr – V3 – sekondêr en stutwortels

is bespreek.

Geelmielies

Wortelmorfologie asook die drie eienskappe wat wortelontwikke-

ling beïnvloed, naamlik fisies, chemies en biologies, is bespreek.

Die fisiese en chemiese eienskappe van wortels is ook onder die

vergrootglas geplaas, asook die effek van pH op nutriëntbeskik-

baarheid en die effek wat kalium- en kalsiumtekort op wortels het.

Aalwurms, snywurm en kraagvrot (

Pythium

spp.) is ook bespreek,

asook

Fusarium

spp. en houtskoolvrot.

Besproeiingsmielies

Die belangrikheid van water op gewasse was een van die be-

sprekingspunte. Mielies is ‘n C4-gewas, wat beteken dat dit ‘n

ekonomiese benutter van water is. Mielies benodig 350 liter tot

500 liter water om 1 kg graan te produseer. Produkkennis, baster-

keuse en basterprestasie is met besoekers gedeel, asook die LNR-

besproeiingsresultate met onderskeidelik warm, koel en matige

besproeiingstoestande.

AKTUEEL

ELMARIE HELBERG,

SA Graan/Grain

medewerker

Pannar Sprout-toepassing

Die

Pannar Sprout

-toepassing is in wese ‘n eenvoudige, maar

tog informatiewe weergawe van die Pannar-webwerf wat

gestoor word op ‘n gebruiker se mobiele toestel en die be-

hoefte aan ‘n aaneenlopende internetkonneksie uitskakel.

Soos met enige foon, kan gebruikers outomatiese opdaterings

via hul toestelinstellings beheer.

Kenmerke van die toepassing

Gebruikers kan gedetailleerde inligting oor Pannar se volle

produkreeks ontvang en op hoogte bly van nuwe kultivars

soos dit beskikbaar raak. Produsente wat siektes in die veld

raakloop, kan dit maklik verifieer met die nuttige feiteblaaie

– dit sluit foto’s, simptome en belangrike notas in.

Pannar se boerderygereedskap is ook beskikbaar op die toe-

passing:

Verwagte opbrengsberekenaar

Plantbevolkingsaanbevelings

Bastervergelykings

Herplantberekenaar

Eenheidsomskakelingsinstrument

Geldeenheidsomskakelaar.

1: Jan Singleton (Migdol) en Martin Coetzee (Schweizer-

Reneke) het kom kennis opdoen oor Pannar se produkreeks.

2: Landboustudente van Hoërskool Wesvalia in Klerksdorp

het ook die dag bygewoon.

1

2

Produk-inligting