Background Image
Previous Page  73 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 73 / 76 Next Page
Page Background

Nou mag almal die Toyota Dyna bestuur

s

edert Toyota se gewilde Dyna-vragmotor in 1965 vir

die eerste keer bekend gestel is, is dit as ‘n middelslag-

handelsvoertuig geklassifiseer en moes ‘n mens ‘n ry-

bewys vir daardie klas voertuig hê om dit te kon bestuur.

Nou het dit egter verander – danksy Toyota wat die onder-

stel sodanig herontwerp het dat hy die Dyna ‘n 3 liter-dieselenjin

sonder ‘n turbo-aanjaer gegee het, wat met ‘n sagtewareprogram

toegerus is wat die topsnelheid elektronies tot 100 km/h beperk.

Daarom word dit nou as ‘n ligte vragmotor geklassifiseer.

Daar kan nie met hierdie sagtewareprogram, waarmee die

Hino 300-, 500- en 700-reeks vragmotors volgens wet toegerus moet

word, gepeuter word nie. Daarby is die nuwe onderstel 50 kg ligter

en die bruto-voertuigmassa 3,5 ton.

Die regering het regulasies in werking gestel ingevolge waarvan

middelslag, swaar en ekstra swaar handelsvoertuie met snelheids-

beperkers toegerus moet word. Middelslag-handelsvoertuie se

topsnelhede word beperk tot 100 km/h en dié van swaarder handels-

voertuie tot 80 km/h.

Mnr Ernie Trautmann, die visepresident van Hino SA (Toyota se

afdeling vir swaar handelsvoertuie), sê die Dyna moes herklassifi-

seer word, anders sou dit aan die mark onttrek moes word. Volgens

hom wou Toyota SA dit nie doen nie, omdat die Dyna ‘n gewilde

model is wat vir verskeie doeleindes aangewend kan word.

“Ons het ook die geleentheid gebruik om die Dyna in verskeie

opsigte te verbeter,” sê Trautmann. “Die nuwe modelle word nou

met sluitweerremme toegerus en het die smal kajuit wat in sekere

Hino 300-modelle gebruik word. Die voorste paneel bestaan nou uit

een deel instede van drie en die rooster en stamper is herontwerp.

Daarby is daar nuwe halogeenkopligte met veelvuldige weerkaatsers.

“Die binneruim is ook herontwerp, met ‘n nuwe paneelbord, sitplek-

materiaal van ‘n hoër gehalte en koppiehouers vir die bestuurder en

die voorste passasier,” het hy gesê.

Volgens Trautmann sal die herklassifikasie van die Dyna beteken

dat ‘n kode B-rybewys voldoende sal wees om dit te kan bestuur.

Die feit dat dit nie nodig sal wees om elke jaar getoets hoef te word

om geskik verklaar te word nie, sal ‘n verdere voordeel vir eienaars

wees.

GERRIE SMIT,

lid van die SA Motorskrywersgilde

WIELE

vir die plaas

Die herklassifikasie van die Dyna beteken dat ‘n kode B-

rybewys voldoende is om dit te kan bestuur.

Die binneruim is ook herontwerp, met ‘n nuwe paneel-

bord, sitplekmateriaal van ‘n hoër gehalte en koppie-

houers vir die bestuurder en die voorste passasier.

71

May 2017