Previous Page  11 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 11 / 84 Next Page
Page Background

9

April 2018

Special

Product information

steeds ongeveer 4 miljoen ton se oordragvoorraad aan die einde

van April 2018 gaan wees.

Dit opsigself plaas ‘n langtermyndemper op pryse, met vooruitsigte

wat toon dat winsgewendheid onder druk gaan bly. Graan SA het

reeds vroeg in 2017 verskeie prosesse aan die gang gesit om die

oorskotte aan te spreek, onder andere om tesame met rolspelers die

logistieke ketting – en veral die oopmaak van markte – daadwerklik

aan te spreek. As ‘n uitvloeisel hiervan, het wesenlike uitvoere

na veral Japan plaasgevind. Die Midde-Ooste bly ‘n belangrike

fokusarea vanweë die mededingende ligging van Suid-Afrikaanse

graan.

Minnaar het verduidelik dat die onmededingende logistieke ket-

ting en mieliepryse wat bo uitvoerpariteit bly as gevolg van

verskeie faktore, grootskaalse uitvoere op hierdie stadium be-

lemmer. Graan SA het egter ook die plaaslike markte en ver-

werkingsgeleenthede ontleed, wat ‘n prioriteit sal bly en in die

komende jaar heelwat aandag sal geniet.

Hy het die droogte in die suide en gevolglike ondernormale produk-

sie bespreek en verduidelik dat selfs met die netto tekort aan

koring, pryse reeds op invoerpariteit verhandel – en meer kommer-

wekkend is dat met die tekorte aan koring in die Wes-Kaap, die

algemene verwagte premies in die mark nie gerealiseer het nie. Dit

dui op oneffektiewe stelsels wat aangespreek sal word.

Ongelukkig is ‘n verdere uitdaging die feit dat produksie vinniger

as die binnelandse vraag styg – wat veroorsaak dat ons gereeld

gekonfronteer word met oorproduksie – en gevolglik laer

winsgewendheid en afskaling in hektare. Dit het tot gevolg dat

meer produsente langs die pad uitval. Graan SA publiseer dus

nie meer produkruimtes nie, maar verskaf eerder inligting aan

produsente vir eie besluitneming.

2

5

6

3

4

7

8

2 tot 6: Kongres 2018 in sitting. 254 afgevaardigdes en ‘n hele aantal gaste het die geleentheid bygewoon.

7: President Mabaso (Bothaville), Edwin Mahlatsi (Graan SA/Absa/John Deere Financial Nuwe Era Kommersiële Boer van die Jaar

van Bothaville) en Isaac Mokgatla (Vanderbijlpark).

8: Peter Chabalala (QwaQwa), Albert Makoae (Ladybrand) en Tebalo Makubo (QwaQwa).