Previous Page  9 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 9 / 84 Next Page
Page Background

DS KOOS KIRSTEN

WOORD

Uit die

o

ns kom van tyd tot tyd voor situasies te staan waar ons

ernstige en gewigtige besluite moet neem. In sommige

van hierdie gevalle kan die verkeerde besluit geweldige

negatiewe gevolge hê. In die meeste van hierdie gevalle

kan ‘n mens net eenvoudig nie die gevolge voorsien nie,

omdat niemand kan sê wat môre gaan gebeur nie. Hoe

dan nou gemaak? Daar is nie ‘n eenvoudige antwoord nie.

Ons lees in die boek Rut van ‘n man met die naam van Elimeleg en

sy vrou Naomi. Elimeleg beteken "my God is Koning". Hulle het in

Bethlehem (huis van brood) gewoon, maar daar was hongersnood in

die land. Daar was geen brood in die "huis van brood" nie. Elimeleg

was desperaat. Hy moes ‘n plan maak om aan die lewe te bly en

daarom besluit hy om na Moab te gaan om vir ‘n tyd daar te bly. Daar

was kos en hy en sy vrou en kinders kon aan die lewe bly. Dan gebeur

die verskriklike. Elimeleg sterf. Die plek wat hy gedink het hom aan

die lewe sou hou, het die plek geword waar hy sy lewe verloor het.

As ‘n mens nou hierdie gebeure binne die konteks van Num. 23 tot 25

plaas, kom daar iets besonders na vore. Iets wat vir ons van groot

belang is. In Num. 25 verbied die Here Israel om met die heidense

volke temeng. Elimeleg het hierdie verbod van die Here oortree en die

gevolg was dat hy en sy twee seuns sonder ‘n nageslag gesterf het.

Elimeleg (my God is Koning) was ongehoorsaam aan sy Koning en

die gevolge was bitter ernstig. In sy stryd om oorlewing, tree hy in

stryd met God se opdrag op en hy verloor sy lewe.

Ons dra die naam Christen. Christene is mense wat in die Here Jesus

glo as hulle Verlosser en Saligmaker. Christus is ook ons Here en ons

Koning – ons moet in alles aan Hom gehoorsaam wees. Wanneer

ons voor moeilike besluite te staan kom, moet ons die Here in die

saak ken. Vra en soek na Sy wil en Hy sal jou lei om daardeur te kom.

As jy nie kan agterkom wat Sy wil in ‘n spesifieke saak is nie, neem die

besluit en verantwoord jou voor Hom daaroor. Hy sal sake so beskik

dat alles op die ou end vir jou ten goede sal meewerk (Rom. 8:28).

Dalk werk alles op hierdie aarde nie vir jou ten goede mee nie, maar

dit sal verseker wat jou geloof en verhouding met God betref.