Previous Page  15 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 15 / 84 Next Page
Page Background

Product information

13

April 2018

27

30

31

29

28

Die sewe wonders

Die openingstoespraak deur prof Fred Below, professor in

Plantfisiologie, Departement van Gewaswetenskappe, Universiteit

van Illinois, het die sewe wonders van graanproduksie bespreek

en ook genoem dat dit nie saak maak waar in die wêreld graan

geproduseer word nie – politiek verstaan nie boerdery nie. Sy

toespraak het gefokus op die verhoging van mielie-opbrengste deur

beter gewasbestuur.

Internasionale uitvoer- en

waardetoevoegingsgeleenthede

COFCO Suid-Afrika se hoof, mnr Ronald Jetten, het die internasio-

nale uitvoer- en waardetoevoegingsgeleenthede vir die Suid-

Afrikaanse graan- en oliesadebedryf toegelig.

Hy het onder meer beklemtoon dat produsente wêreldwyd

ongelooflike innoveerders is, maar dat pryse in stryd met ont-

wikkeling is.

Klimaatsverandering

Prof Guy Midgley van Stellenbosch Universiteit het tydens sy

voorlegging die aanpassing by klimaatsverandering bespreek deur

te fokus op hoop en geleenthede vir graanprodusente. Ekstreme

weerstoestande, nasionale rampe, waterkrisisse, mislukking van

klimaatsveranderingversagting en -aanpassing en voedselkrisisse is

selfs deur wêreldleiers geklassifiseer as van die ernstigste medium-

tot langtermynbedreigings vir besigheid globaal. Prof Midgley

het bevestig dat veranderinge gedryf word deur verskeie faktore,

waarvan die grootste koolsuurgasvrystellings is.

Die pad vorentoe

Graan SA bedank alle lede, vennote, rolspelers en borge, sonder

wie se deelname ‘n uiters suksesvolle 2018 Kongres nie moontlik

sou wees nie. In die komende jaar gaan die organisasie homself

steeds beywer om te verseker dat ons graanprodusente se fondasie

vir winsgewendheid bestendig en stewig is en gesetel is in gesonde

vennootskappe met alle rolspelers.

27 en 28: Prof Fred Below (middel) was een van die sprekers tydens Kongres. Na elke spreker het die media die geleentheid gehad om

tydens ‘n perskonferensie vrae aan die spreker, asook aan Jaco Minnaar en Jannie de Villiers te stel.

29: ‘n Sertifikaat van erkenning is deur Jannie de Villiers aan Johan van den Berg (Santam Landbou) oorhandig vir sy toewyding in die analisering van

lang- en korttermynklimaattendense en die feit dat hy daardeur Suid-Afrikaanse produsente ondersteun in die neem van ingeligte produksiebesluite.

30: Fanie van Zyl, wat vanaf 2006 tot 2018 voorsitter van die Ouditkomitee was, het ook ‘n spesiale sertifikaat van erkenning ontvang vir die

baanbrekerswerk wat hy gedoen het ten einde goeie bestuurspraktyke in Graan SA te vestig. Hy was vanaf 2002 tot 2012 hoofbestuurslid in

Graan SA se Streek 3.

31: Die tydskrif het ook twee staatmakers tydens Kongres gegroet. Cobus van Coller (hoofbestuurslid: Streek 23) was twaalf jaar op Graan SA se

Hoofbestuur en het gedurende daardie tyd op die Redaksiekomitee gedien, waarvan hy ook vyf jaar lank voorsitter was. Hy was twaalf jaar lank lid

van die NAMPO Oesdagkomitee waarvan vanjaar sy agtste NAMPO as voorsitter van dié komitee sal wees – waartydens hy dan uittree. Theo Ferreira

(die huidige voorsitter van die Redaksiekomitee) het ook tydens Kongres die teuels neergelê. Hy het ses jaar op Hoofbestuur en die Redaksiekomitee

gedien en was die afgelope vier jaar voorsitter van dié komitee.