Previous Page  12 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 12 / 84 Next Page
Page Background

TERUGBLIK

Kongres

Spesiale

Minnaar het produsente gemaan om in die komende jaar goed te

besin en behoorlike somme te maak wanneer aanplantings beplan

word en produsente versoek om hulself van die vraag en voor-

raadstatus te vergewis om sodoende ingeligte besluite te neem.

“Die tyd is verby dat ons onsself uit die moeilikheid uit kan plant,”

het Minnaar bevestig. Konstante afskalings in aanplantings en

gevolglike inkrimping van die graanprodusentgetalle in Suid-Afrika

maak daarby die produksie-omgewing uiters uitdagend vir nuwe

toetreders.

Hy het verder beklemtoon dat Graan SA die noodsaaklikheid

van grondhervorming en transformasie in Suid-Afrika as noodsaaklik

beskou en onomwonde ondersteun. Vir dié rede is die landbou-

ontwikkelingsprogram reeds in 1998 van stapel gestuur om nuwe

era-boere op te lei, te lei en te ondersteun. Sedert die program se

ontstaan en saam met partye soos verskeie kommoditeitstrusts,

regeringsdepartemente en insetverskaffers, het Graan SA meer as

R400 miljoen aan ontwikkelende produsente en transformasie van

die landbousektor bestee met ‘n totaal van meer as 10 000 produ-

sente in die program – wat wissel van 1 ha-boere tot kommersiële

produsente.

Minnaar het verder verduidelik dat toegang tot finansiering steeds

die grootste struikelblok vir ontwikkelende produsente is en

alhoewel meer as genoeg grond vir nuwe era-boere beskikbaar is,

hul gekniehalter word as gevolg van die finansiering van insette en

meganisasie wat nie bekom kan word nie.

Graan SA se standpunt is steeds dat deur titelaktes aan produsente

te gee, radikale ekonomiese transformasie sal plaasvind. “As die

sekuriteit van titelaktes weggeneem word, neem jy produsente se

vermoë om te produseer, weg,” het Minnaar genoem.

Hy het verder bevestig dat Graan SA steeds met besluitnemers,

politieke en besigheidsleiers en die breër samelewing sal kom-

munikeer en sal voortgaan om te onderhandel oor programme,

planne en aansporings om sodoende grondhervorming en

transformasie te bespoedig sonder om die volhoubaarheid van

produsente, voedselsekerheid en landbou-gemeenskappe in die

geheel te beïnvloed.

“Graan SA sal voortgaan om na die regering uit te reik en hulp te

verleen om meer boere op ‘n volhoubare manier te vestig, aangesien

die organisasie verbind is tot transformasie en grondhervorming op

‘n ordelike en volhoubare wyse, binne die grense van die huidige

Grondwet,” het Minnaar afgesluit.

April 2018

10

Boublokke

...hoe lyk jou fondasie?

9

12

13

10

11

9: Adrie Roos, Le Roux Erasmus, Estiaan Wolfaardt en Ras Carbutt – almal van Hoopstad.

10: Eckard Hiestermann, Heino Hiestermann en Ewald Klingenberg (almal van Piet Retief) saam met Dirk Kotze (Graan SA).

11: Cobus van Zyl (Makwassie), Frik van Sittert (Hartbeesfontein), Johan Meyer (Hartbeesfontein) en Ernst Jonker (Makwassie).

12: Lebohang Khitleli (Matatiele), Zovuyo Ngegane (Kokstad) en Thabang Tsephe (Matatiele).

13: Graan SA-personeel op hul pos. Agter: Wim Venter, Dirk Kotze, Bennie Zaayman, Johan Kriel en Du Toit van der Westhuizen.

Voor: Alzena Gomes, Roslynne Carelse, Rialeen Lombard en Marina Kleynhans.