Previous Page  10 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 10 / 84 Next Page
Page Background

Produk-inligting

April 2018

8

Boublokke

...hoe lyk jou fondasie

vir winsgewendheid?

G

raan SA-lede, regeringsamptenare, landbourolspelers en

ander belanghebbendes het op 7 en 8 Maart by NAMPO

Park byeengekom vir die jaarlikse Graan SA Kongres. Die

tema “Boublokke na winsgewendheid” het beloof om goeie

gesprekke te stimuleer en uitkomste te realiseer.

Die Kongresagenda het onder meer die sewe wonders van

graanproduksie onder die loep geplaas, die internasionale uitvoer-

en waardetoevoegingsgeleenthede vir die Suid-Afrikaanse graan-

en oliesadebedryf bespreek, klem gelê op die aanpassing by

klimaatsverandering en die beleidsomgewing vir volhoubare kom-

mersiële en ontwikkelende graanproduksie van nader bekyk.

Mnr Jaco Minnaar (voorsitter, Graan SA), is onbestrede herkies en

word deur visevoorsitters mnr Derek Mathews en me Preline Swart

ondersteun. Die bestuurspan is gereed vir die uitdagings wat voor-

lê, met die fokus op die graanprodusent se belange en die bevor-

dering daarvan.

Oudiovisuele voorsittersverslag

In die oudiovisuele voorsittersverslag het Minnaar en mnr Jannie de

Villiers (uitvoerende hoofbestuurder, Graan SA) die voorafgaande

jaar se hoogtepunte en die strategiese fokusareas van die organisa-

sie in 2018 uitgelig.

Verder het die verslag klem gelê op besluitneming binne die

landbousektor, wat nie noodwendig deur rolspelers geneem

word nie, maar wat deur die regering gemaak word. Graan SA se

samewerking met regeringsdepartemente poog om besluitnemers

te beïnvloed en sodoende korrekte besluite vir graanprodusente te

bewerkstellig. De Villiers het bevestig dat Graan SA, met sy sterk

handelsnaam, ook goed georganiseerd is en effektief bestuur word

en met die organisasie se betrokkenheid by transformasie en die

prioritisering van voedselsekerheid in Suid-Afrika, is Graan SA in die

beste posisie om produsentprioriteite op die voorgrond te plaas.

Lees meer oor die voorsittersverslag op bladsy 16 van dié uitgawe.

Die video is ook beskikbaar op Graan SA se webwerf.

Toespraak

Minnaar het tydens sy toespraak bevestig dat dit ‘n uitdagende

jaar vir alle graanprodusente was en dat elke graangewas se

winsgewendheid onder druk gekom het. Verder is die goeie

produksiepryse onder druk geplaas en al het bogemiddelde pro-

duksie tot ‘n mate die winsgewendheid aangespreek, het alle

produsente nie goeie opbrengste behaal nie.

Die netto effek op mielies is, ten spyte van ‘n lae oordragvoorraad

van die vorige seisoen en bykans 2 miljoen ton se uitvoere, dat daar

TERUGBLIK

Kongres

Spesiale

ALZENA GOMES,

skakelbeampte, Graan SA en

foto’s deur

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur,

SA Graan/Grain

1: Die Graan SA leierskorps wat Kongres 2018 gelei het: Ramodisa Monaisa (visevoorsitter), Nico Vermaak (bestuurder: Korporatiewe Dienste),

Jaco Minnaar, Jannie de Villiers en Derek Mathews (visevoorsitter).

1