Previous Page  16 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 16 / 84 Next Page
Page Background

Produk-inligting

April 2018

14

TERUGBLIK

Kongres

Spesiale

Boublokke

...hoe lyk jou fondasie?

SA Graan/Grain

dekking van Kongres 2018

Die

SA Graan/Grain

redaksie bring hierdie samevatting oor vanjaar se Graan SA Kongres (soos uiteengesit op bladsy 8

tot bladsy 41) aan ons lesers en lede van die organisasie wat nie persoonlik Kongres bygewoon het nie. Dit moet egter

geensins geag word as ‘n genotuleerde weergawe van Kongres of kongresverrigtinge nie, aangesien laasgenoemde in

die amptelike notule weergegee word.

32 tot 34: Kongres-afgevaardigdes, gaste en landboubesighede het duisende liter water tydens Kongres geskenk. Dit is geoormerk vir die Wes-Kaapse

gemeenskappe wat onder ernstige droogtes gebuk gaan. Andries Theron, voormalige visevoorsitter van Graan SA en produsent van Moorreesburg, het

die waterskenkings namens sommige van die geteisterde gemeenskappe vanaf Jaco Minnaar ontvang. Die water, wat deur Rovic Leers en Bunadonna

Groep vervoer is, sal deur 'n kerknetwerk aan diegene wat dit die meeste benodig, versprei word.

35 tot 37: ‘n Kranslegging is na afloop van Kongres by die Muur van Herinnering gehou, om hulde aan diegene wat hul lewens in plaasaanvalle verloor

het, te bring. Preline Swart (nuutverkose visevoorsitter) het die kranslegging gedoen, terwyl Chris Schoonwinkel (dagbestuurslid), uit die Bybel

voorgelees het.

32

33

34

37

35

36