Previous Page  6 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 6 / 84 Next Page
Page Background

4

e

k moet sê ek is werklik trots op die manier waarop

Graan SA se lede die uitdaging oor die kwessie van

onteiening sonder vergoeding tydens Kongres 2018

bespreek en hanteer het. Vir my was dit ‘n belangrike

deurbraak, waar die middelgrond tussen linkse en

regse emosies op die ou einde geseëvier het. Mag dit ‘n

voorloper wees vir wat nog kom!

In die debatte deur al die “spesialiste” in ons samelewing wat

ek in die media volg, het een analise my gedagtes tot stilstand

geruk: Ons 1994-Grondwet is in beginsel op ‘n herstel van regte

(

restorative justice

) gebaseer, terwyl sommige in die huidige debat

die eiendomsregklousule na ‘n strafregtelike aksie (

punitive justice

)

wil neem.

Die reënboogdroom van 1994 het emosies by mense opgewek

wat die potensiaal het om genesing aan ons stukkende verhou-

dings in die land te bring. Daar is genesing in vergifnis en vryspraak,

maar daar is bitterheid en wraak waar daar nie herstel plaasvind nie.

Dit gaan vir my dus heelwat verder as net die wyse waarop onteie-

ning moet plaasvind.

Graan SA het genoegsaam bevestig dat onteiening as sodanig oral

in die wêreld se Grondwette voorkom en toegepas word en dat

ons dit verstaan. Die sleutelwoord wat al die emosie opwek, is die

“sonder vergoeding” (

without compensation

). Dit is nie met herstel

nie, maar met straf gelaai.

Is die behoefte van sommige dat witmense gestraf moet word, of

is die ware behoefte plaasgrond om op te boer? Dit is interessant

dat die grondbesetting deur lede van die rooi barette onlangs in

Olievenhoutbos nie gemik was op landbougrond nie, maar op

grond vir behuising. Ek wonder of die keuse van grond maar net

gebaseer was op die toegang van die media tot die grond sodat

hulle die nuus kan haal, of was dit gebaseer op hul spesi-

fieke behoeftes?

Ek het beslis nie onder die indruk gekom dat hierdie mense

noodwendig wil boer nie. Kan hierdie mense nie gehelp word

om huise met titelaktes te bekom nie? Ons hoor gereeld van die

Free Market Foundation se inisiatiewe ten opsigte hiervan, maar

ek sien nie dat die Staat met dieselfde entoesiasme deelneem om

ons stedelinge met titelaktes te ondersteun nie.

Ek het al van ‘n groot aantal produsente gehoor wat beslis by-

stand sal verleen dat hulle werkers besitreg – en nie net verblyfreg

nie – van huise op die dorp kry.

Wat ek wel waarneem, is dat hierdie gedagte van onteiening

sonder vergoeding beslis ‘n klompie grondplate geskuif het. Menige

rolspelers dink ver buite die vaste denkraamwerke van die afgelope

20 jaar om na nuwe oplossings te soek. Dit is ‘n wins. Ek bly nog

vas oortuig dat dit georganiseerde landbou se tyd is om oplossings

te bring.

Die feit dat ons nog nie daarin kon slaag om genoegsame swart

produsente op kommersiële skaal te kon vestig nie, was bloot omdat

ons die proses meestal in die Staat se hande gelaat het. Die finan-

siële instellings was vasgevang in die regulatoriese raamwerke en

moet nou oplossings na vore bring wat selfs die raamwerk om finan-

siering te bespoedig, moet verander.

Ek vertrou dat as ons oor ‘n paar jaar terugkyk na 2018 en

2019, ons trots sal wees op wat ons vermag het om ons land

van ondergang te red. ‘n Paar uiters belangrike vergaderings is vir

einde Maart belê, wat ek glo rigtinggewend sal wees vir wat die toe-

koms inhou.

Die blote bestaan van ‘n organisasie soos Graan SA is al ‘n

belangrike boublok om die toekoms te rig. Dankie vir elkeen se by-

drae en sterkte aan al ons onderhandelaars.

Die gronddebat

JANNIE DE VILLIERS,

HUB/CEO

Ek bly nog vas

oortuig dat dit

georganiseerde

landbou se tyd is

om oplossings

te bring.

STANDPUNT

POINT OF VIEW

Graan SA

April 2018