Previous Page  8 / 75 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 8 / 75 Next Page
Page Background

DIE

GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF

VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD

In 1992 het die Staat, na aanleiding van die verslag van die Burger-kommissie,

13 hulpverleningskemas aan landbou bekend gemaak. Dit het ’n droogtehulppak-

ket van R2,8 miljard ingesluit wat bewillig is om landbou in die droogtegeteis-

terde somersaaigebiede by te staan. Sommige bronne verwys na ’n bedrag van

R3,4 miljard, maar dit was nie die bedrag waarop uiteindelik met die Staat oor-

eengekom is nie.

Die droogtehulppakket het bestaan uit ’n subsidie bereken teen R375/ha wat aan

koöperasies betaal is om soos volg saamgestel is:

• ’n Oorlaatskuldsubsidie van R175/ha aan elke kwalifiserende produsent, geba-

seer op die gemiddelde bewese oppervlakte onder kontantgewasproduksie vir

die1989/1990-, 1990/1991- en 1991/1992-produksieseisoene. Hierdie bedrag is

aan elke kwalifiserende produsent betaal, ongeag die omvang van hulle koöpe-

rasieskuld of herstelvermoë. Dit is dus ook betaal aan produsente wat nie oor-

laatskuld gehad het nie.

• ’n Glyskaal oesskadesubsidie van R100/ha aan produsente wat gedurende die

1991/1992-produksieseisoen oesskade gehad het. Dit was gebaseer op die be-

wese oppervlakte kontantgewasse wat gedurende die genoemde produksiesei-

soen aangeplant is en/of beplan is om aangeplant te word, met inagneming van

die bewese oes wat die seisoen wel opgelewer het.

• ’n Oorlaatskuldsubsidie van R640 miljoen in totaal wat aan kwalifiserende

koöperasies betaal is. Die verdeling van die bedrag tussen die koöperasies was

gedoen pro rata volgens die verhouding waarin elke koöperasie se uitstaande

produksieskuld aan die einde van die 1991/1992-produksieseisoen, met ander

woorde op 31 Augustus 1992, gestaan het tot die totale onbetaalde produk-

sieskuld van daardie seisoen by al die kwalifiserende koöperasies op daardie

datum. Die berekening is gedoen na inagneming van die aanwending van die oor-

laatskuldsubsidie van R175/ha en die Oesskadesubsidie van R100/hektaar.

Die implementering van hierdie hulppakket het ook die einde van die staatswaar-

borg beteken.

Die 1994/1995-produksieseisoen is weer eens deur droogte geteister. Die impak

daarvan was dat die belangrikste landbougewasse ’n afname in produksie van on-

geveer 52% teenoor die vorige seisoen gehad het en in sekere dele van die land het

produsente totale misoeste ondervind. As gevolg daarvan het baie graanprodu-

sente wesenlike probleme ondervind om produksiefinansiering vir die volgende

seisoen te bekom, terwyl meerjarige gewasprodusente nie oor die finansiering

beskik het om boorde te hervestig wat as gevolg van ’n tekort aan besproeiings-

water gevrek het nie.

As gevolg van die effek van die droogte het die Kabinet in Oktober/November 1995

’n bedrag van R199,5 miljoen aan landbou toegewys vir die finansiering van hulp

aan kleinskaalse besproeiingsboere, ’n veevoerskema en bystand met die herves-

tiging van meerjarige gewasse, sowel as insetfinansiering van droëlandgewasse.

Sedertdien was bystand vanaf die regering aan landbou beperk tot enkele gevalle

waar werklike ramptoestande beleef is en het landbouprodusente in wese self die

volle risiko van ongunstige ekonomiese en klimaatstoestande gedra.

Opberging en silobouprogram

In die vroeë 1900’s is graan in sakke geoes en met ossewaens na die spoorwegstasies

of koöperasies aangery, waar dit gegradeer en namens die produsente opgeberg is,

totdat dit aan kopers gelewer of versend is. Omdat opberging in die oopte (dikwels

op platforms van spoorwegstasies) wesenlike probleme met besmetting en kwaliteit

veroorsaak het, is groot sink pakhuise opgerig waarin die sakke graan opgeberg is.

Die toename in produksie gedurende die vroeë 1920’s en die vereistes ten opsigte

van die weeg, skoonmaak, gradering en opberging wat deur verhoogde uitvoere

teweeggebring is, het die opbergingsprobleem sterk na vore gebring. Op daardie sta-

dium het Kanada en die VSA reeds van silo-opberging gebruik gemaak en ’n afvaar-

diging is daarheen gestuur om dit te ondersoek. Na aanleiding daarvan, sowel as die

verslag van die Clark-komitee, het die Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens (SAS&H),

wat deel van die staatsadministrasie was, twee silo’s gebou – een by die Durbanse

hawe met ’n kapasiteit van 42 000 ton en een by die Kaapstadse hawe van 30 000 ton.

DIT BLYK DAT DIE

EERSTE GRAANSILO IN

SUID-AFRIKA, WAARIN

7 040 TON MIELIES

OPGEBERG KON WORD,

IN 1913 VIR ’N MEULE

IN VEREENIGING

OPGERIG IS.