Previous Page  3 / 75 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 3 / 75 Next Page
Page Background

HOOFSTUK 1

Mielieverskeping in ongeveer 1908.

Mielies is eers in hopies gepak voor dit ge-

dors is.

Mielies word gedors.

Beide die instelling en afskaffing van beheer is deur duidelik waarneembare veran-

derende tendense voorafgegaan en het ’n wesenlike effek op die landboubedryf in

die breë, maar op die graan- en oliesadebedrywe in die besonder gehad. Beheer

oor die produksie en bemarking van landbouprodukte was nie uniek aan Suid-

Afrika nie en dit is selfs waarskynlik dat die ontstaan daarvan inderdaad deur inter-

nasionale tendense beïnvloed is.

In die aanloop tot die uiteindelike deregulering van landbou in Suid-Afrika is dik-

wels kritiek uitgespreek teenoor die stelsel van beheerde bemarking en is die

stelling gemaak dat dit nie in die doel daarvan geslaag het nie. Ongeag dié opinies

kan dit nie betwyfel word nie dat die beheerde omgewing geleenthede vir die

Suid-Afrikaanse graan- en oliesadebedrywe geskep het om tot ʼn bedryfsektor

te ontwikkel en groei wat ʼn wesenlike bydrae tot Suid-Afrika se ontwikkeling

gelewer het. Nie net het dit ʼn beduidende bydrae tot die bruto binnelandse

produk van die land gemaak nie, maar was dit ook ʼn belangrike en wesenlike area

van werkskepping, veral vir ongeskoolde arbeiders.

In hierdie hoofstuk word die geskiedenis van die produksie van mielies, wintergraan

(koring, hawer en gars), oliesade (grondbone, sonneblomsaad, sojabone en kanola)

en sorghum in Suid-Afrika in perspektief gestel, met verwysing na enkele uitstaande

gebeure wat dit met verloop van tyd beïnvloed het. Die blote omvang van die in-

ligting hieroor maak dit onmoontlik om selfs net die punt van die ysberg aan te raak.

Gevolglik word in hierdie publikasie slegs verwys na enkele hoofgebeure, hoogte-

en laagtepunte, sleutelrolspelers en ligte oomblikke in die bedryf wat in bronne

opgeteken is of deur rolspelers van die tyd in herinnering geroep kan word.

25

20

15

10

5

0

Persentasie

1910

1920

1930

1940

1950

1960

1970

1980

1990

2000

2010

Grafiek 1: Landbou se bydrae tot die BBP

21 22,2

14,2

12,7

17,7

12,4

7,1

6,1

4,6

3,3 2,5