Previous Page  75 / 75
Information
Show Menu
Previous Page 75 / 75
Page Background

ႉႇ

HOOFSTUK 1

Graan SA probeer ook om die kwessie van bewaringslandbou tot ’n groter mate

onder die aandag van universiteite te bring en geleenthede te skep waar dié instel-

lings op hierdie terrein saam met produsente kan werk. Op hierdie wyse word

gepoog om studente meer bewus te maak van en blootstelling te gee aan bewa-

ringslandboupraktyke.

Doelwit

Graan SA se oogmerk is om soveel as moontlik innoveringsplatforms te stig in

dié agro-ekologiese streke waar nog geen of min aanvaarding van bewaringsland-

bou is. In die proses is ’n bewaringslandbouwerkgroep in Graan SA gestig wat ’n

groot rol sal speel in die koördinering en bestuur van die program. Die werkgroep

het ’n spesifieke metode ontwikkel om nuwe projekte te identifiseer en evalueer

en om ’n paneel van kundiges te identifiseer wat hulle daarmee behulpsaam kan

wees. Die werkgroep werk ook saam met ander belangrike rolspelers, soos die be-

trokke staatsdepartemente, oor aangeleenthede rakende die skepping van beleid

en ontwikkeling van geakkrediteerde opleidingsleerplanne.

Daar word tans gewerk aan die integrasie van bewaringslandbou in die Departe-

ment van Landbou, Bosbou en Visserye se sogenaamde “LandCare”-program, wat

’n gemeenskapsgebaseerde natuurlike hulpbronbewaringsprogram is.