Previous Page  10 / 75 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 10 / 75 Next Page
Page Background

DIE

GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF

VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD

ႃႂ

Stasie

Kapasiteit (ton) Stasie

Kapasiteit (ton)

Frankfort

5 800

Ficksburg

2 600

Heilbron

5 800

Middelburg

2 600

Klerksdorp

5 800

Makokskraal

2 600

Reitz

5 800

Moorreesburg

2 600

Bethal

4 800

Potchefstroom

2 600

Bethlehem

4 800

Leslie

2 600

Kroonstad

4 800

Pienaarsrivier

2 200

Bothaville

4 800

Ventersburg

1 800

Kinross

4 800

Kaallaagte

1 800

Senekal

4 800

Koster

1 800

Rendezvous

4 800

Leeudoringstad

1 800

Lindley

4 800

Makwassie

1 800

Balfour

3 000

Val

1 800

Clocolan

3 000

Westminster

1 800

Ventersdorp

3 000

Davel

1 800

Vermaas

3 000

Standerton

1 800

Vrede

3 000

Settlers

1 750

Coligny

2 600

Die SAS&H het ook begin met die oprigting van silo’s langs spoorwegroetes en

teen 1924 was die volgende binnelandse silo’s (waarna in die algemeen as die

Spoorwegsilo’s en later as die B-silo’s verwys is) reeds opgerig, met ’n totale op-

bergingskapasiteit van 101 850 ton:

IN 1925 BERIG CJ BOSMAN IN

SUID-AFRIKAANSE GESAAIDES

SOOS VOLG:

“Die Goewerment het graansuiers opgerig in Durban en

Kaapstad en sowat ’n dertigtal plekke in die vernaamste

mieliestreke van die Unie. Nou is daar groot besuiniging in die

hantering van die oes; sakke word grootliks mee weg gedoen;

vermorsing is afgebring tot op ’n minimum; die industrie

het ’n groot stoot vorentoe gekry; dit word verwag dat die

verbouer sal ’n groter gedeelte van die winste kry; koop

en verkoop is vergemaklik; die uitvoerhandel kan

beter gereguleer word en die industrie is op

’n beter voet geplaas.”

Hierdie silo’s het slegs graan ontvang, gegradeer, geweeg, skoongemaak en opge-

berg en het nie self in graan handelgedryf nie.

Aanvanklik is graan hoofsaaklik in sakke, maar ook tot ’n mate in losmaat by die si-

lo’s ingelewer. Die wyse waarop die graan in silo’s bestuur is, het verskeie voordele

ingehou, waaronder sekerheid ten opsigte van graad en massa, die moontlikheid

van sekerheidstelling deur middel van graanbewyse en ’n vermindering van die

risiko van verliese tydens die laaiproses.