Previous Page  5 / 75 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 5 / 75 Next Page
Page Background

HOOFSTUK 1

Die oppervlakte waarop koring geplant is, het oor dieselfde tydperk eweneens

geweldig verminder, van sowat twee miljoen hektaar tot selfs minder as een mil-

joen hektaar. Die geweldige afname in die middel-negentigerjare kan waarskynlik

as ’n strukturele verandering beskou word, omdat dit daarna nie weer tot die vorige

vlakke gestyg het nie.

Daarenteen het sojaboonaanplantings vanaf 1975/1976 van 22 000 ha tot meer

as 500 000 ha in 2013 toegeneem. Dit was egter steeds nie groot genoeg om op

te maak vir die afname in die totale oppervlakte waarop mielies en koring verbou

is nie.

In 1970 is in totaal 181 000 ha sonneblom aangeplant. Hoewel dit van seisoen

tot seisoen gewissel het, het sonneblomaanplantings met verloop van tyd ’n sty-

gende tendens getoon en in 2013/2014 het dit 598 950 ha beslaan, met die grootste

aanplantings van 828 000 ha in 1998.

Grondboonaanplantings het na die Tweede Wêreldoorlog deurlopend gestyg en

’n hoogtepunt van bykans 400 000 ha rondom 1970 bereik, waarna dit geleidelik

begin afneem het. Vanaf 1995 het dit egter opmerklik gedaal en teen 2013 was die

gemiddelde jaarlikse aanplantings minder as 50 000 ha.

Die aanplanting van sorghum het ’n hoogtepunt in die 1960’s bereik, met ’n

rekord van 640 000 ha in 1966. Dit het egter met verloop van tyd drasties afge-

neem en in die tien seisoene voorafgaande 2014/2015 was die gemiddeld slegs

71 000 ha/jaar.

Die graanindustrie is een van die grootste landboubedrywe in Suid-Afrika en het

teen 2010 ongeveer 30% tot die totale bruto landbouproduksie bygedra.

Produksiegebiede

Mielies, wat die grootste plaaslik geproduseerde graangewas is en op die grootste

oppervlakte geplant word, is die belangrikste bron van koolhidrate in die Suider-

Afrikaanse streek. Suid-Afrika is ook die grootste produseerder van mielies in die

Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG). Mielies word hoofsaaklik in

die Noordwes Provinsie, die Vrystaat, die Mpumalanga Hoëveld en die KwaZulu-

Natal Middellande geproduseer.

Koring word op die tweede grootste oppervlakte geplant, hoofsaaklik in die win-

terreënvalgebiede van die Wes- en Suid-Kaap en in die oostelike gedeeltes van

die Vrystaat.

Suid-Afrika is nie ’n beduidende rolspeler in die internasionale sonneblommark

nie, aangesien dit slegs ’n klein persentasie tot die wêreld se produksie en handel

in sonneblomsaad bydra. Sonneblom word in Suid-Afrika hoofsaaklik in dieselfde

gebiede as mielies verbou.

Sojabone word hoofsaaklik in die Vrystaat, Mpumalanga en KwaZulu-Natal Provinsies

verbou, met klein aanplantings in die Limpopo, Gauteng en Noordwes Provinsies.

120 000

100 000

80 000

60 000

40 000

20 000

0

R miljoen

1970/1971

1972/1973

1974/1975

1976/1977

1978/1979

1980/1981

1982/1983

1984/1985

1986/1987

1988/1989

1990/1991

1992/1993

1994/1995

1996/1997

1998/1999

2000/2001

2002/2003

2004/2005

2006/2007

2008/2009

2010/2011

2012/2013

Gewasse

Lewendehawe

Boorde en tuinbou

Grafiek 5: Bruto waarde van landbouproduksie sedert 1970