Previous Page  11 / 75 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 11 / 75 Next Page
Page Background

ႃႃ

HOOFSTUK 1

DIE LANDBOUPAKHUISWET

WAT IN 1930 GEPRO-

MULGEER IS, HET ’N

REGSGELDIGE RAAMWERK

VIR DIE VERHANDELING

VAN GRAAN DEUR MIDDEL

VAN GRAANBEWYSE OF

SILOSERTIFIKATE GESKEP.

DIT IS IN 1975 HERROEP.

Opberging by silo’s het aanvanklik met aansienlike probleme gepaard gegaan en

veilige en effektiewe opberging van mielies was van die vroegste dae ’n bron van

kommer vir sowel die Mielieraad as die regering. Die probleme wat daarmee onder-

vind is, het daartoe gelei dat die regering in 1945 opdrag gegee het dat ’n ondersoek

na die opberging van mielies geloods moet word. Na aanleiding daarvan het die

Mielieraad in 1949 ’n afvaardiging oorsee gestuur om metodes van massahantering

in Australië te ondersoek.

In 1951 het die Mielieraad ’n bedrag van R300 000 beskikbaar gestel vir die oprigting

van ’n graansilo te Lichtenburg. Die massastoor wat opgerig is, is gedurende 1953

in gebruik geneem en was die voorloper van die beweging om massahanterings-

fasiliteite vir mielies in Suid-Afrika op te rig.

Gedurende Februarie 1952 het die Minister van Landbou ’n langtermynleningske-

ma ter waarde van R10 miljoen vir die oprigting van graansilo’s aangekondig, wat

deur die Land Bank gefinansier sou word. Dit het werklik eers in die vroeë 1960’s

momentum gekry toe die destydse landboukoöperasies, synde agente van die be-

heerrade, begin het om graansilo’s onder toesig van ’n Graansilokomitee op te rig.

Die Graansilokomitee is saamgestel uit verteenwoordigers van die Departement

van Landbou-ekonomie, die Mielieraad, Koringraad, Oliesaderaad en Sorghum-

raad en het die finale seggenskap gehad ten opsigte van lokaliteit, kapasiteit en

ontwerp van die silo’s. Die Land Bank het slegs aansoeke om finansiering vir die

bou van silo’s oorweeg indien dit deur ’n sertifikaat van die Graansilokomitee

gerugsteun was.

Die oprigting van massafasiliteite vir die opberging van graan het vanaf ongeveer

1961 momentum begin kry. Verskeie metodes is met verloop van tyd vir die oprigting

van graansilo’s gebruik, byvoorbeeld die sogenaamde glybetonkonstruksiemetode.

Later is vertikale betonstrukture opgerig wat graan teen ’n vinniger tempo kon in-

neem en uitlaai, met die addisionele voordeel van meer effektiewe beroking.

Die destydse landboukoöperasies het in totaal silokapasiteit gelykstaande aan

15 465 432 ton mielies opgerig, waarvan 14 492 576 ton by 220 depots in die noorde

van die land opgerig is en 972 856 ton by 46 depots in die suide (Wes-Kaap).

Massastoor op Lichtenburg.