Previous Page  6 / 75 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 6 / 75 Next Page
Page Background

DIE

GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF

VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD

Grondbone is aanvanklik in die huidige Limpopo Provinsie verbou. Dit is later na

die westelike dele van die land uitgebrei en teen 2015 was dit hoofsaaklik in die

westelike en noord-westelike dele van die Vrystaat, die Noordwes Provinsie en die

Noord-Kaap Provinsie gekonsentreer.

Sorghum word hoofsaaklik in die droër somerreënvalgebiede van Mpumalanga,

Limpopo, die Vrystaat, Noordwes en Gauteng geproduseer.

STAATSBETROKKENHEID

Die Suid-Afrikaanse regering was in die jare voor deregulering nie net by die be-

marking van landbou betrokke deur middel van die beheerrade en skemas wat

onder die Bemarkingswet ingestel is nie, maar het ook op ander terreine ingegryp

ten einde produsente in die land by te staan in krisistye en knelpunte in die land-

boubedryf aan te spreek.

Enkele sodanige geleenthede wat oor die algemeen op landbou van toepassing

was, word hieronder genoem. Dié wat meer bedryfspesifiek gerig was, word later

by die toepaslike bedryf se perspektief ingesluit.

1973-Droogtehulp

As gevolg van ’n ernstige droogte wat vanaf Oktober 1972 tot Februarie 1973 ge-

duur het, kon baie produsente nie in daardie seisoen somergewasse, voer of kon-

tantgewasse aanplant nie. Baie van die produsente wat wel kon plant, se oeste is

geweldig deur die droogte geknou.

SAMPI het die uitwerking van die droogte op die produsente besef en op 9 Januarie

1973 ’n massavergadering te Wolmaransstad gehou waar die Minister van Land-

bou, mnr Hendrik Schoeman, ook teenwoordig was. Die benarde posisie waarin

die produsente verkeer het, blyk duidelik uit die feit dat sowat 1 300 produsente die

vergadering bygewoon het.

Tydens die vergadering het SAMPI vyf voorstelle aan die minister voorgelê waar-

deur die produsente se finansiële posisie verlig kon word. Dit het ingesluit dat die

fondse in die Stabilisasiefonds (sien Hoofstuk 2) as ’n agterskot aan die produsente

uitbetaal word, dat spesifieke aksies ten opsigte van die verkoopprys van mielies

en uitvoer van mielies geneem word en dat produsente grasie vir terugbetaling van

hul produksieskuld by koöperasies sal ontvang.

Nie lank daarna nie het Minister Schoeman ’n program vir hulpverlening aan pro-

dusente in die droogtegeteisterde gebiede aangekondig. Dit het verskeie kom-

ponente bevat, maar waarskynlik die belangrikste vir graanprodusente was dat

koöperasies in staat gestel is om uitstel vir betaling van produksieskuld aan sekere

produsente te verleen deur dit oor ’n tydperk van vier jaar te versprei. Kwalifise-

rende produsente kon ook aansoek doen vir produksiekrediet vir die vestiging van

oeste in die daaropvolgende seisoen.

Jacobskomitee

In Oktober 1978 het die regering die sogenaamde Jacobskomitee aangestel met

die opdrag om ondersoek in te stel na die ekonomiese posisie van graanpro-

dusente sowel as landboufinansiering in die algemeen en aanbevelings daar-

omtrent te maak. Die Komitee was getaak om spesifiek te verwys na die immer

stygende produksiekoste, groeiende skuldposisie van graanprodusente, op-

brengs op kapitaal, die mate waartoe bestaande finansieringsbronne in pro-

dusente se kort-, medium- en langtermynfinansieringsbehoeftes voorsien het

en die rol wat landboukoöperasies in die voorsiening van finansiering aan pro-

dusente speel.

Die Komitee het in sy verslag die beginsel ondersteun dat produksiepatrone deur

werklike produksiekoste en heersende produsentepryse bepaal moet word, maar

was nie ten gunste van subsidies aan produsente om stygende produksiekoste

teen te werk nie. Hulle was van mening dat die landbousektor nie slegs genoeg

moes produseer ten einde Suid-Afrika se groeiende bevolking van voedsel te kon

voorsien nie, maar dat hulle ook vir die uitvoermark moes produseer.