96
PUBLIC RELATIONS (continued)
OPENBARE BETREKKINGE (vervolg)
Grain SA newsletter
The
Grain SA Perspective
is an electronic newsletter that is sent to Grain SA members via email every
two weeks. In this way information, events and important dates are communicated to members on
an ongoing basis. The newsletter is a platform for communicating developments in the grain industry
timeously to members of Grain SA and can also be read on the Grain SA website. When required, a
newsflash is sent to members to communicate specific information.
RSG
radio programme
The daily agricultural programme,
RSG Landbou
, is broadcast on the national radio station,
RSG,
from Monday to Thursday from 12:30 to 12:45. The programme presents news on all aspects of the
agricultural sector, as well as a topical discussion of the various agricultural sectors. The Wednesday
time slot is reserved exclusively for Grain SA. Grain SA is responsible for the topical content, as well
as for an updated schedule of activities in the grain industry. At the moment, the insert lasts only one
and a half minutes. Various role-players participated in the programme in the course of the year and
shared their knowledge of the various sectors with listeners.
OFM
advertisements
A 30-second Afrikaans radio bulletin is broadcast daily just before and after the agricultural news
during predetermined weeks. This is combined with an online advertisement on the
OFM
website.
Graan SA-nuusbrief
Die
Graan SA Perspektief
is ‘n elektroniese nuusbrief, wat tweeweekliks per e-pos aan Graan SA-lede
gestuur word. Op hierdie manier word inligting, gebeure en belangrike datums op ‘n deurlopende basis
aan lede gekommunikeer. Die nuusbrief is ‘n platform waardeur verwikkelinge in die graanbedryf tydig aan
Graan SA-lede oorgedra word en kan ook op die Graan SA-webtuiste gelees word. Wanneer nodig, word
daar ook ‘n nuusflits aan lede gestuur om spesifieke inligting oor te dra.
RSG
-radioprogram
Die daaglikse landbouprogram,
RSG Landbou
, word vanaf Maandag tot Donderdag van 12:30 tot
12:45 op die nasionale radiostasie,
RSG
, uitgesaai. Die program bied nuus oor alle aspekte van die
landboubedryf asook ‘n aktuele bespreking van die verskeie landbousektore. Die Woensdaggleuf is vir
die eksklusiewe gebruik van Graan SA. Graan SA is verantwoordelik vir die aktuele inhoud sowel as ‘n
opgedateerde skedule van werksaamhede in die graanbedryf. Die program is op die oomblik slegs een en
‘n half minuut lank. Verskeie rolspelers het deur die loop van die jaar aan die program deelgeneem en hul
kennis van hul onderskeie sektore gedeel.
OFM
-advertensies
‘n 30 sekonde Afrikaanse radioflits word in voorafbepaalde weke daagliks voor en ná die landbounuus
uitgesaai. Dit gaan gepaard met ‘n aanlyn-advertensie op
OFM
se webtuiste.
EKSTERNE KOMMUNIKASIE
Kommunikasie- en mediastrategie
Die hoofdoel van hierdie strategie is om die beeld van Graan SA as ‘n vennoot in volhoubare
voedselsekerheid aan alle belangegroepe uit te dra. Hierdie belangegroepe is geïdentifiseer as
graanprodusente wat nog nie lede van Graan SA is nie, besluitnemers en beleidmakers in die regering,
leiers in die besigheidswêreld asook die algemene verbruiker. Die deurlopende boodskap fokus daarop
dat Graan SA winsgewende en volhoubare graanproduksie in Suid-Afrika wil bewerkstellig en dat die
ontwikkeling van opkomende produsente vir Graan SA van uiterste belang is.
Om in hierdie doel te slaag, moet die regering daarop attent gemaak word dat Graan SA hul
bekommernisse deel om sodoende ‘n gesonde en wedersyds voordelige verhouding te bewerkstellig.
Daar is in prominente publikasies wat deur rolspelers in die regering en besigheidswêreld gelees word,
geadverteer.
Harvest SA
Sedert die tydskrif
Harvest SA
in Oktober 2012 bekend gestel is, het dit Graan SA se strategiese
boodskap aan die publiek, die waardeketting en die regering oorgedra.
Cape Media
bestuur die
1...,88,89,90,91,92,93,94,95,96,97 99,100,101,102,103,104,105,106,107,108,...168