106
WHAT ARE WE DOING AND WHY? (continued)
WAT DOEN ONS EN WAAROM? (vervolg)
In the commercial category, the 2012 Developing Grain Producer of the Year was Israel Motlhabane from
Wesselsbron – an excellent farmer who is achieving amazing results without any financial support from the
Executive of Grain SA. Maurice Boki, who farms between Cedarville and Taylorville, was announced as
the winner for 2013 in this competition – this is the first time that any farmers from the Eastern Cape were
entered into this commercial category and Boki came out on top! This year the runners-up were Khaya
Nkuhlu from Vrede and Thabang Tsephe from Matatiele, also in the Eastern Cape. We are always proud to
see the great progress farmers are making in their strides towards fully commercial production.
The smallholder category was won by Victor Mahlinza. At our Day of Celebration he made a very inspiring
speech about how he started farming with only two cows pulling the plough (because he was too poor to own
oxen). He has progressed from two hectares to where he is producing 80 hectares of maize (an average of
over five tons per hectare) and also chicory, dry beans and vegetables. He told the people – “I just did it”. He
is truly an inspiration to those who are struggling on communal land. The subsistence category was won by
a lady farmer – TO Mdluli. She also has an inspiring story, from not having food in her home, to being able
to feed her family, as well as owning livestock and being able to sell the surplus to her local community.
In die kommersiële kategorie was die 2012 Ontwikkelende Graanprodusent van die Jaar Israel
Motlhabane van Wesselsbron – ’n uitstekende boer wat sonder enige finansiële steun van die
Hoofbestuur van Graan SA verstommende resultate behaal. In 2013 is Maurice Boki, wat tussen
Cedarville en Taylorville boer, as die wenner van hierdie kompetisie aangewys – dit was die eerste
keer dat enige boere uit die Oos-Kaap vir hierdie kommersiële kategorie ingeskryf het en Boki het
die wenplek behaal! Hierdie jaar is die tweede plek toegeken aan Khaya Nkuhlu van Vrede en
Thabang Tsephe van Matatiele, ook in die Oos-Kaap. Ons is altyd trots om die wonderlike vordering
te sien wat boere op hulle pad na volle kommersiële produksie maak.
Die kleinboerkategorie is deur Victor Mahlinza gewen. Op ons Vieringsdag het hy ’n baie inspirerende
toespraak gelewer oor hoe hy begin boer het met net twee koeie wat die ploeg getrek het (omdat hy te arm
was om osse te besit). Hy het gevorder vanaf twee hektaar tot waar hy 80 hektaar mielies (’n gemiddeld van
meer as vyf ton per hektaar) en ook sigorei, droëbone en groente produseer. Hy het gesê: “Ek het dit net
gedoen”. Hy is waarlik ’n inspirasie vir diegene wat op gemeenskaplike grond sukkel. Die bestaanskategorie
is deur ’n vroulike boer, TO Mdluli, gewen. Sy het ook ’n inspirerende verhaal: Sy het gevorder van geen kos
in die huis nie, tot kos vir haar gesin en die besit van lewende hawe en die vermoë om die oorskot aan haar
plaaslike gemeenskap te verkoop.
Maurice Boki after he was announced as the Grain SA/Absa Developing Grain Producer of the Year 2013 with his wife, Kholiswa.
With them are Louw Steytler (Chairman: Grain SA) on the left and Brienne van der Walt (Group Head: Absa AgriBusiness).
Maurice Boki saam met sy vrou Kholiswa nadat hy as die Graan SA/Absa Ontwikkelende Graanprodusent van die Jaar
2013 aangewys is. By hulle staan Louw Steytler (Voorsitter: Graan SA) aan die linkerkant en Brienne van der Walt
(Groepshoof: Absa AgriBesigheid).
Hy is waarlik
’n inspirasie vir
diegene wat op
gemeenskaplike
grond sukkel.
1...,98,99,100,101,102,103,104,105,106,107 109,110,111,112,113,114,115,116,117,118,...168