Background Image
Previous Page  6 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 6 / 112 Next Page
Page Background

4

e

k sit en tob oor waaroor ek dié maand moet skryf. Daar

is ‘n varsheid in die lug en ten spyte van al die slegte

voorspellings vir die seisoen, het ons sommer vroeg

reën gekry in die noorde. Die Suid-Kaap is sopnat en

die Swartland trek swaar. ‘n Mens kan maar net wonder

wanneer alles net weer normaal gaan wees...

Wat is die nuwe soort normaal? Die oorloë neem toe en die vlug-

telinge soek wêreldwyd desperaat na nuwe tuistes. Nie almal is oral

ewe welkom nie. Suid-Afrika is nog besig om oor kwotas in ons

sportspanne te praat toe kondig die Europese Unie aan dat daar

nou vir elke land ‘n vlugtelingkwota gaan wees. Nogal gewonder

hoe ‘n kwota-tipe mens in sy hart daaroor voel, want die besluit-

nemers daarvan lyk soms min gesteur.

Hier is ‘n swaar stuk “wag” in die lug. In die land voel dit so asof

iets moet gebeur. Die rand bly val, markte is onstuimig, die

Rugby Wêreldbeker moet begin...Of dalk wag ons dat die krag

weer moet afgaan?

Op landbouterrein is die grondonderhandelings effe stiller. Agri SA

is besig om voor te berei vir hulle kongres dié maand, die noorde

wag vir die plantseisoen om aan te breek en die suide se oes is

broos in die aar. Ons wag selfs vir ‘n nuwe koringtarief om afgekon-

dig te word. Baie van ons opkomende boere wag vir hulp en grond

om hulle droom uit te leef op die plaas.

In my hoërskooljare was daar ‘n boekie

Op-

stelle wat sprankel

wat ek moes lees om te

sien hoe ‘n opstel nou eintlik geskryf behoort

te word. Een so ‘n opstel het my geïnspireer

om eendag self ‘n netjiese stukkie werk te

skryf oor die hele plaas wat tydens oestyd

(koring) in rep en roer was oor ‘n haelbui wat

gaan uitsak. Daardie wag is nie lekker nie.

Waarvoor sal ons as graanprodusente wag?

Ja, ons wag vir mooi reën en laer dieselpryse,

maar ek dink as ek vandag eerlik met myself

moet wees, wag ons dat die land se gesind-

heid teenoor landbou moet verander! Dat

daar meer waardering kom vir die werk wat

ons doen om almal in die land en selfs ‘n

paar ander lande se mense daagliks te voed.

Dat ons van vroeg tot laat met hoë risiko’s

plant, spuit, skoffel, oes en aanry dat almal

iets kan hê om te eet. Dat ons jaar na jaar amper alles wat ons het

verpand om ‘n oes vir almal te kan maak.

Ek dink nie ons soek simpatie nie, ons het immers gekies om te

boer, maar sommer net ‘n stukkie meelewing as die son dag vir dag

die plante doodbrand en die wolke kom en gaan, maar dit reën nie.

Sommer net begrip vir ons emosies as ‘n lammetjie dit nie gemaak

het nie omdat die ooi hom weggegooi het.

Waar is die waardering soms vir daardie boervrou wat vir die so-

veelste keer een van die werkers se kinders aanry na die dorp se

hospitaal toe omdat sy siek is? Daar is maar min begrip vir die

gesprekke voor in die bakkie Maandagmôre op pad koshuis toe.

Dalk sal al die swaar makliker wees om te hanteer as ‘n mens net

weet dat jy as mens en dit wat jy doen, waardeer word.

Ek weet nie of ek die magtiging het nie, maar vandag wil ek namens

die mense van ons land ons graanprodusente, hulle gesinne en wer-

kers salueer vir die taak wat hulle verrig. Baie dankie.

Laastens ook ‘n woord van dank aan die Mielietrust wat sedert

2000 tot verlede maand die

SA Graan/Grain

-tydskrif gesubsidieer

het. Dit het baie gehelp om al die graannuus by almal in die land uit

te kry. Hoop ons paaie sal vorentoe weer kruis.

Wat is die nuwe soort

normaal?

JANNIE DE VILLIERS,

uitvoerende hoofbestuurder/CEO

‘n Mens kan maar

net wonder wanneer

alles net weer normaal

gaan wees...

STANDPUNT

POINT OF VIEW

Graan SA

Oktober 2015