SA Graan Oktober 2014 - page 116

114
GSI houeerste simposium
J
y sal nie maklik in Suid-Afrika ‘n meer verteenwoordigende
en invloedryke groepering vanmense in die graansilobedryf
kryasbydieeersteGraansilo Industrie (GSI)mini-simposium,
wat op 18Augustus vanjaar inPretoria plaasgevindhet.
“Voortdurende verbetering: Idees, beste praktyk en innovasie”
was die tema van dié dag en sprekers vanuit verskeie velde in die
graanindustrie het vir GSI se lede en bestuur waardevolle inligting
deurgegee ten opsigte van die tema. Die Suider-Afrikaanse
Graanlaboratorium (SAGL) en Transnet Freight Rail (TFR) was onder
andere twee vandiemaatskappyewat hier teenwoordigwas.
Volgens mnr Pieter Esterhuysen (voorsitter: GSI Raad asook hoof-
bestuurder van Senwes Grainlink), is daar drie groot tendense wat
in die internasionale voedselketting aan die gebeur is. “Die eerste
tendens isdie verdieping vanglobalisering. Die vier groot rolspelers
indié industrie–ADM, Cargill, BungeenLouisDreyfusCommodities
–hanteeromtrent 80%vanal die internasionalekommoditeitsvloeie.
Die konsolidasieproses, internasionaal enplaaslik,waar verskillende
balansstate bymekaarkom via samesmeltings of verkrygings, is
nóg ‘n groot beweging in hierdie industrie. Kleiner balansstate
word groter en herorganisering van aktiwiteite vind plaas, wat dan
uitloop op spesialisasie. Laastens vind daar integrasie in die volle
waardekettingplaas,” het hy verduidelik.
‘n Groeiende konsentrasie wat in dié industrie plaasvind, toene-
mende beheer deur multinasionale maatskappye, verhoogde
mededinging (plaaslik versus globaal) en die rasionalisering van
stooropsette is diegevolge vandiebogenoemde tendense.
Besigheidsomgewing: Dienste en
navorsing om graankwaliteit te bevorder
Daar is beslis ‘n behoefte om goeie kwaliteit data beskikbaar te hê.
“Net soos die graanindustrie se besigheid besig is om te verander,
so ook moet die SAGL sekere kapasiteit skep om dié industrie te
ondersteun,” hetmeWiana Louw (hoofbestuurder: SAGL) gesê.
Een van die vele dienste wat die SAGL vir dié industrie bied, is
ringtoetse. “‘n Ringtoets is waar verskillende laboratoriums wat
‘n spesifieke monster ontleed, hul resultate met mekaar vergelyk.
Deelname hieraan is ‘n vereiste vir sertifisering en akkreditasie
van fasiliteite, soos die SAGL, asook ‘n integrale deel van enige ge-
haltestelsel,” het Louwgesê.
Ander dienste wat die SAGL lewer, is onder meer naby infrarooi
spektorskopie (onder andere vir die dierevoedingsindustrie), maal-
indeks-kalibrasie as ‘n voorspeller vir maalprestasie, graansorghum
vir bio-etanolproduksie, fortifisering van graanprodukte, mikotok-
sienmonitering opmielies, die korrelasie tussen defektiewe pitte en
mikotoksienvlakke engebindemikotoksiene.
Mikotoksiene was nog altyd daar, maar meer sensitiewe meetteg-
nieke en data oor verskeie seisoene en in verskillende produksie-
streke aksentueer nou die voorkoms daarvan. Dit is egter belangrik
om op die feite van dié probleem te fokus en nie op persepsies nie
en dit is imperatief dat dié probleem voortdurend bestuur moet
word,” aldus Louw.
Operasionele sake: Optimaliseer
graanvervoer deur spoor
Mnr Ulrico Davids (algemene hoofbestuurder: Landbou en Groot-
maat Vloeistowwe, TFR) sê daar is tot dusver nie baie fokus op die
graanindustrie geplaas is nie. “Fasette wat hiertoe bygedra het,
is die fragmentasie van dié industrie. Produsente begin hulle eie
stoorkapasiteit skep (byvoorbeeld silosakke), wat hul afhanklikheid
van spoorvervoer verminder.”
TFR se sleutelontwikkelings sluit onder meer in om te begin bou
aan 2 miljoen ton se uitvoermoontlikhede deur investering, om
invoermoontlikhede te skep, samewerking met silo’s en om ‘n
opname tedoen vandie verkeer tussenplase en silo’s.
Volgens Davids wil TFR groei skep in die volgende areas: Diepsee
in- en uitvoere, vervoer van Wes-Kaapse koring na die binneland,
vervoer van Kimberley se mielies na die kus, die vermeerdering
van die Noordwes Provinsie se volume, taklyne en om verkeer op
heropende enopgegradeerde lyne te skep.
TFR streef om in die komende uitvoerseisoen hul trefkoers van
67% na 100% te verbeter. “Ons het vanjaar begin werk met
die Suid-Afrikaanse Graan- en Oliesadeverhandelingsvereniging
(SACOTA) om sodoende industrie-sigbaarheid van volumes, ver-
skepingskedules en laaipunte by graansilo’s, hawens ensovoorts
te skep. ‘nUitvoerwaardekettingkoördineerder is ook aangestel.
“Ons het die reëls weer neergelê in terme van prestasiemetings,
kapasiteit, allokasie van kapasiteit, oplaai- en aflaainorme asook
strawwe en belonings regdeur die waardeketting. Daar sal ook
weer gekyk moet word na ‘n kompeterende prysbenadering ten
opsigte van die retoervrag. Die prysmodel sal hersien moet word
deur byvoorbeeld kliënte aan te spoor om naweke ook tewerk,” het
Davids verduidelik.
TFR vradie volgende vandiegraansilo-industrie:
Gebruik die kapasiteit wat geallokeer is in ‘n ooreengekome
tydsraamwerk.
Beweeg na ‘n sewe dag/24 uur-bedryf om sodoende alle
kapasiteit wat beskikbaar is temaksimaliseer.
Begin ondersoek instel om kleiner silo’s te konsolideer in groter
silo’s.
GSI moet aktiwiteite koördineer om sodoende beskikbare
kapasiteit op spoor teoptimaliseer.
Verstewigbestellings tussen agente enmeulenaars.
‘nVerklaring van voorraadbeskikbaarheid eenweek vooraf.
Temas wat ook deur ander sprekers in die industrie by dié
simposiumgedek is, sluit in: AgriBEE, gewaskwaliteit en -produksie,
verhandelingskwessies endieWet opMetrologie.
AKTUEEL
RUTHSCHULTZ,
SAGraan/Grain
medewerker
1:GSI-lede en ander rolspelers indie
graansilo-industriehet die simposium
bygewoon. Van links isChristoBooyens
(besturendedirekteur: TradeVantage),
Ronnie Ladeira, TheunsSaayman, Carel
Scheepers (al drie streeksbestuurders by
SenwesGrainlink) enGraham Lottering
(operasionelebestuurder: SenwesGrain-
link).
2: LizbéEsterhuizen (sekretaresse:GSI) enMarianaPurnell (hoofbestuur-
der:GSI) saammet Pieter Esterhuysen (voorsitter:GSI Raad), kort na
afloop vandie eersteGSI simposium vanjaar. Dié simposiumwat Purnell
se inisiatief is, is goedontvangdeurGSI-lede.
1
2
Oktober 2014
1...,106,107,108,109,110,111,112,113,114,115 117,118,119,120,121,122,123,124
Powered by FlippingBook