SA Graan November 2014 - page 24

Toekenningsgeleentheid
November 2014
22
Leiers vereer vir uitnemende
leierskap ingraanindustrie
G
raan SA het vanjaar ‘n inspirasietoekenning en drie
spesiale erkennings by die Graan SA-toekenningsfunksie
gemaak aan diegene wat uitnemende bydraes tot die
graanindustriegemaak het.
Die inspirasietoekenning het vanjaar gegaan aan die Buro vir
Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) as blyk van waardering vir die
voortdurende bydraes wat hulle tot die graanindustrie lewer en
omdat hulle toenemend buitengewone resultate bereik en die
industrie inspireer ommeer kompeterend te wees in sy verbintenis
tot uitnemendheid.
Spesiale erkennings
As hoogste eerbetoon het Graan SA vir mnr Neels Ferreira vereer
vir sy visie en uitnemende leierskap, plaaslik en internasionaal, in
belang van allegraan- enoliesadeprodusente vanSuid-Afrika.
“GraanSA hetmywêreld vergroot. 14 vandie 17 jaar wat ek betrok-
kewas by dié organisasiewas ek óf voorsitter óf visevoorsitter. Een
ding het ek geleer en dit is dat jy jouself moet omringmet
smarter
mense as jyself. Ek is baie trots opGraanSA – hou aanomdie regte
dinge te doen,” het hy gesê. Hy het vir sy vrou, Ina, dankie gesê dat
sy hom toegelaat het om te kondoenwat vir hombelangrik is.
“Ek glo vas dat wanneer jy oor dinge in die verlede praat, word
jy die verlede. Ons moet oor die toekoms praat. Ek vra julle as
toekomsleiers om ‘n nasie en ‘n land te bouwaarop ons kinders sal
trotswees. Komons krypolitiek uit landbou. Ons is nieopdie aarde
geplaas vir ons eieglorienie.
“Tweedens benodig leierskap dapperheid. Hier wil ek dit vergelyk
met diemigrasie vandieblouwildebees indieSerengeti. Ophul reis
na groener weiveldemoet hulle riviere oorsteek, wat hulle nieweet
hoe diep dit is of watter gevare dit vir hulle inhou nie, maar hulle
weet dit is beter aandie ander kant.”
Wyle mnr Gert Pretorius is vereer vir sy leierskap ten tyde van die
eenwording en stigting van Graan SA. Sy uitnemende bydrae tot
veral die oliesadebedryf, plaaslik en internasionaal, word met hier-
die toekenning erken. Pretorius se seun, Willie, het die toekenning
inontvangs geneem en ‘npragtigeboodskapoor sypa gelewer.
“Dit is ‘n voorreg om hierdie toekenning namens my oorlede pa te
ontvang. My pa was ‘n lojale en passievolle persoon. Familie en
boerdery was twee van sy grootste passies. Hy het geglo dat die
enigstemanier vir landbouom suksesvol tewees in ‘nonvriendelike
omgewing, is deur georganiseerde strukture wat produsente
bymekaarbring om kollektiewe en proaktiewe besluite te neem en
daarvolgens op te tree.
“Hy het die vermoë gehad om te organiseer en hy was deel van
‘n hele paar georganiseerde landbou-organisasies. Ek dank ons
Hemelse Vader vir die tyd wat Hy hom vir ons gegee het asook
die vermoë wat Hy ons pa gegee het om te kon lei. Dankie ook vir
GraanSAvir die tydwatmypabydiéorganisasie konbetrokkewees
– my pa het gelewe vir Graan SA. Hy sou baie trots gewees het op
hierdie toekenning. GraanSAwas ‘ngroot deel vanGert Pretorius.”
Mnr Fanie van Zyl is vereer vir sy leierskap op die Graan SA
Dagbestuur en as voorsitter vandieOuditkomitee vanGraanSA; vir
baanbrekerswerk rakende die vestiging van beste bestuurspraktyke
asook dieontwikkeling vanbeleide enprosedures vir GraanSA.
Dissipline en spaarsamigheid is in sy bloed. “Oral waar ek betrokke
was, was dieelemente vangoeiebestuur altyd vooropgestel. Goeie
bestuur moet ‘n gewoonte raak en ek reken Graan SA het daarin
geslaag. Louw en Jannie, my beste wense vergesel julle vir die res
vanGraanSA sebestaan.”
GRAAN SA
RUTHSCHULTZ,
SAGraan/Grain
medewerker; Foto’s:
HELENUSKRUGER
1: Fanie vanZyl, ‘nprodusent vanMakwassie
en ‘nbekende ingeorganiseerde landbou-
kringe, omhels vir LouwSteytler (voorsitter:
GraanSA) voordat hydie spesiale erkenning
ontvanghet.
2: LouwSteytler oorhandig aanwyleGert
Pretorius se seun,Willie, van Lichtenburg,
sypa se spesiale erkenningstoekenning vir
syuitnemendebydrae tot veral dieolie-
sadebedryf.
3:Neels Ferreira,wat digby Leandra inMpu-
malangaboer enook ‘nbekende indiegeor-
ganiseerde landbou is, lewer ‘n inspirerende
toespraaknadat hydiehoogste eerbetoon
ontvanghet vir syuitnemende leierskap in
diegraanindustrie.
4: FerdiMeyer (direkteur: BFAP) ontvang
vanaf Andries Theron (visevoorsitter:
GraanSA), die inspirasietoekenningwat
toegeken is aanBFAP.
1
3
2
4
1...,14,15,16,17,18,19,20,21,22,23 25,26,27,28,29,30,31,32,33,34,...100
Powered by FlippingBook