SA Graan November 2014 - page 23

Toekenningsgeleentheid
Pa, hierdie een is vir jou!
“E
k sou beslis nie vanaand agter
die podium kon staan, as dit
niewas vir die inspirasie, leier-
skap en leiding wat my pa,
Carey, in ons besigheid ingesit het nie as-
ook vir die vertroue wat hy in my en my
broer, Garth, gestel het nie. Pa, hierdie een
is vir jou, ons is lief vir jou!”
Só het Richard Hobson van Setlagole in
die Noordwes Provinsie gesê, nadat hy
aangewys is as die Graan SA/Syngenta
Graanprodusent vandie Jaar 2014.
“Elke produsent kan definitief nie staan
voor ‘ngehoor soos vanaand sonder ‘n reg-
terhand nie. Ek wil hierdie oomblik neem
om vir Paula, my vrou, te bedank vir al haar
insette, geduld, hardewerk, liefde en vir die
wonderlikemawat sy vir ons kinders is.
“Ek wil ook vir Graan SA bedank vir die
wyse waarop die beoordeling van hierdie
kompetisie gedoen is. Dit was voorwaar ‘n
ongelooflike ervaring.
“Laastens, maar nie die minste nie, wil ek
ons Hemelse Vader dank wat vir my die
talent gegee het om te kan wees wie ek is
en ommy passie dag in en dag uit te kan
uitleef,” het hy sy bedankingstoespraak
afgesluit.
Hobson het in 2000 saammet sy pa, Carey,
op die plaas Papiesvlakte begin boer.
Met die aankoop van Nonen Ranch, op
Setlagole, gedurende2002hetHobsonvolle
verantwoordelikheid van die boerdery oor-
geneem en intussen het die boerdery aan-
sienlik uitgebrei. Botselo Farming is deel
vanBotseloHoldingswat ook BotseloMills,
BotseloGrain enBotseloCarriers insluit.
Om die groep se investering in die maal-
bedryf te maksimaliseer, is die gewaspro-
duksie se fokus op mielies. Hobson maak
seker dat die grond opgebou en bewaar
word, wat al hoe meer die fokus op
geenbewerking plaas. “Minimumbewerking
is waar ons tans is en ons probeer voort-
durend ons hoeveelheid verbouing ver-
minder,” het hy op die finaliste DVD, wat
gedurendedie aand vertoon is, gesê.
Van die grond tot by die verbruiker, het
die Hobsons se investerings ‘n impak
regdeur die gemeenskappe waar hulle
operasioneel is. Tussen die boerdery- en
waardekettingwerksaamhede het Botselo
Holdings 650mense indiens.
Deur mielies direk by die produsente
aan te koop, het hulle die geleentheid
vir produsente oopgemaak om direk be-
trokke te raak in die waardeketting en te
onderhandel vir ‘nbilliker prys.
Buite die besigheidsomgewing, is die
Hobsons tans ook besig om ‘n kerk in die
plattelandse gemeenskap te bou en hulle
het onlangs ‘n ouetehuis opgegradeer en
opgeknap. Tussendeur al diebedrywighede
op en buite die plaas, is daar altyd
tyd vir familie – dit is mos immers ‘n
familiebesigheid!
21
November 2014
GRAAN SA
RUTHSCHULTZ,
SAGraan/Grain
medewerker; Foto’s:
HELENUSKRUGER
1: PaCarey (middel) se leiding enondersteuninghet
‘ngroot rol gespeel indie sukses van sy twee seuns,
Garth, links enRichard, regs.
2:Garth, Richard enhul pa, CareyHobson, vier die
groot geleentheid saammet hulle vrouens:Gwen,
Paula enMaatje.
3: RichardHobsonontvang sy toekenning vanSenzeni
Sokwana (Minister van Landbou, Bosbou enVisserye).
Byhulle staanBrienne vanderWalt (hoof: AgriBesig-
heid vanBarclaysAfrica enAbsa), LouwSteytler
(voorsitter:GraanSA), Richard se vrou, Paula, Antonie
Delport (besturendedirekteur: SyngentaSuid-Afrika),
VictorMongoato enAndries Theron (albei visevoorsit-
ters vanGraanSA).
1
3
2
1...,13,14,15,16,17,18,19,20,21,22 24,25,26,27,28,29,30,31,32,33,...100
Powered by FlippingBook