SA Graan November 2014 - page 18

November 2014
16
TrotsSuid-Afrikaansegraanprodusente
en leiers ingraanindustrie vereer
‘n
Inspirerende Graan SA-toekenningsgeleentheid wat
op 17 Oktober vanjaar in Midrand gehou is, tesame
met ‘n deurbraak wat by die voorafgaande Agri SA
kongres plaasgevind het, het produsente en leiers in die
graanindustrie, wat by dié spoggeleentheid vereer is, net weer laat
besef dat hul voete stewigopSuid-Afrikaansegrond sal bly.
Ná ‘n suksesvolle Agri SA kongres, waar mnr Gugile Nkwinti
(Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming)
Agri SA se grondhervormingsplan aanvaar het, het mnr Senzeni
Zokwana (Minister van Landbou, Bosbou en Visserye) by die
Graan SA-toekenningsgeleentheid in ‘n gesprek met mnr Louw
Steytler (voorsitter: Graan SA) onderneem om die kampioen van
landbou inSuid-Afrika teword.
Mnr Richard Hobson van Setlagole in die Noordwes Provinsie is
aangewys as die Graan SA/Syngenta Graanprodusent van die
Jaar. Die Ontwikkelende Produsent van die Jaar-toekenning het
vanjaar drie kategorieë gehad, wat produsente op verskeie vlakke
in landbou die geleentheid gegee het om deel te neem. Die drie
wenners is in Oktober by Graan SA se jaarlikse Dag van Feesvie-
ringe (
Day of Celebration
) in Bloemfontein aangekondig en hulle
is ook weer by die Graan SA-toekenningsfunksie vereer vir hul uit-
nemendeprestasies.
Die Graan SA/Absa Bestaansboer van die Jaar (0 ha - 10 ha) is
mnr EnochKhumalo, vanPiet Retief, terwylme LungelwaKama, van
Maclear, weggestap hetmet dieGraanSA/Syngenta Kleinskaalboer
van die Jaar-titel (10 ha, maar minder as 250 ton). Mnr Ralph Swart,
van Elim, het die toekenning ontvang vir die Graan SA/Absa Nuwe
EraKommersiëleBoer vandie Jaar (250+ ton).
Syngenta is trots om saammet Graan SA die borg van die nuwe
Kleinskaalboer van die Jaar-kategorie te wees. “Syngenta se doel
is om binne die volgende vyf jaar 20 miljoen kleinskaalboere te
bereik. Ons werk hard om dié produsente by te staan, sodat hul
produktiwiteit met 50% kan verbeter,” het mnr Antonie Delport
(besturende direkteur: Syngenta Suid-Afrika) gesê tydens ‘n DVD-
vertoning, waarin hy en mnr Jannie de Villiers (uitvoerende hoof-
bestuurder:GraanSA) geselsoor diebelangrike rolwat Syngentaen
GraanSA indie landbou speel.
GRAAN SA
RUTHSCHULTZ,
SAGraan/Grain
medewerker; Foto’s:
HELENUSKRUGER
1:Gastegeniet ‘n verwelkomingsdrankiebyTheTheatreon theTrack inMidrand. Ongeveer 350gastehet vanjaar se funksiebygewoon.
2: Die koningsprotea,wat ookSuid-Afrika senasionaleblom is, hetmooi ingepas bydiepatriotiese stemming vanhierdie spogfunksie.
3: Die talentvolleKatlegoMaboe, ‘n seremoniemeester, TV-aanbieder en sanger,was seremoniemeester tydens die funksie. Hyhet die aandmet die
volgendewoorde afgesluit: “Ekhet vanaand ietswerklikuitsonderliks ervaar. Ek sal graagdié ervaring aanmy vriendewil oordra. Hullemoetweet dat
diegrond vanons landbewerkworddeur julleprodusente,wat ‘nuitstekende visie vir die toekoms vanons landhet.Mywens vir die jeug vanSuid-
Afrika is dat hulle sal voortbouopdiebydraewat julleprodusente tot landbou inSuid-Afrikagemaakhet.”
4: Die tenoor JannieMoolman, begelei deur sypianis, Engeli leRoux, het gesorg vir pragtigemusiek.
5: DiedrieGraanSA/SyngentaGraanprodusent vandie Jaar 2014-finaliste, nadat hullehul sertifikateontvanghet. RichardHobson, JHBlanckenberg
(Edms) Bpk (Vlok, Koos enBoy) enEgonZunckel. Heel links staan LouwSteytler enheel regsAntonieDelport.
1
2
3
4
5
Toekenningsgeleentheid
1...,8,9,10,11,12,13,14,15,16,17 19,20,21,22,23,24,25,26,27,28,...100
Powered by FlippingBook