SA Graan November 2014 - page 19

17
November 2014
Graan SA glo ook in die ontwikkeling van kleinboere en is ewe
verbind tot landelike ontwikkeling. “Graan SA is altyd op soek na
maniere om die gaping tussen klein- en kommersiële produsente te
oorbrug. Landbou is die ruggraat van plattelandse gemeenskappe
endiegraanbedryf isdieprimêrevoorsiener vanvoedselsekerheid,”
het DeVilliers gesê.
‘n Inspirasietoekenning as blyk van waardering vir die deurlopende
bydraes wat ‘n individu of organisasie tot die graanindustrie maak,
wat aanhou om buitengewone resultate te bereik en die industrie
te inspireer om meer kompeterend te wees in sy verbintenis
tot uitnemendheid, is oorhandig aan die Buro vir Voedsel- en
Landboubeleid (BFAP). Prof Ferdi Meyer (direkteur: BFAP) het dié
toekenningnamens BFAPontvang.
Erkenning is ook gegee aan individue wat die graanindustrie met
uitnemendheid gedien het en bygedra het tot die welvaart van
die industrie deur hul tyd, ondersteuning en toewyding. Mnre
Neels Ferreira, wyle Gert Pretorius en Fanie van Zyl het elkeen só
‘n spesiale toekenning ontvang. Ter afsluiting van die aand, het
Steytler gaste gevra om as ware patriotte deel te neem aan die
groter landboudebat, sodat die samelewing verander kan word in
een waarop almal kan trots wees – een waar veiligheid, honger en
armoede aangespreek word, sodat ons ‘n beter toekoms as die een
wat ons geërf het, vir ons kinders kan agterlaat.
“Ek is geweldig trots om ‘n lid en voorsitter van Graan SA te wees
– ‘n organisasie wat baie omgee vir ons land se toekoms,” het
Steytler gesê.
6: Syngenta is dieborg vandieKleinskaalboer vandie Jaar, LungelwaKama. Saammet Lungelwaopdie foto, is JanniedeVilliers,
LouwSteytler enAntonieDelport.
7: AbsaborgdieBestaansboer vandie Jaar, EnochKhumalo, asookdieNuweEraKommersiëleBoer vandie Jaar, RalphSwart.
Voor: LouwSteytler, RalphSwart enEnochKhumalo. Agter: Brienne vanderWalt (hoof: AgriBesigheid vanBarclaysAfrica enAbsa) en
JanniedeVilliers.
8:Minister Senzeni Zokwanawens vir RalphSwart en sy vrou, Preline en seun, Jacques, gelukmet dieGraanSA/AbsaNuweEraKommersiëleBoer van
die Jaar-titel. LungelwaKama enEnochKhumalohet ookdie eer gehadomdeur dieminister gelukgewens teword. Heel regs isAdries Theron.
9: LungelwaKama (Kleinskaalboer vandie Jaar), EnochKhumalo (Bestaansboer vandie Jaar) enRalphSwart (NuweEraKommersiëleBoer vandie
Jaar) saammet almalwat bydra tot hul boerderye se sukses – hul gesinne, ontwikkelingskoördineerders, GraanSA-personeel endieborge.
10: RichardHobson (Graanprodusent vandie Jaar) en sy vrou, Paula, ontvanghul toekenning vanminister Zokwana. Byhulle staanBrienne vander
Walt, LouwSteytler, AntonieDelport, VictorMongoato enAndries Theron (laasgenoemde albei visevoorsitters vanGraanSA).
11: Brienne vanderWalt het Senzeni Zokwanamet die inleiding van sy toespraakbedank. “Minister, inminder as sesmaandehet jy aanons
gedemonstreer dat jyglo inoopdialoog,wedersydse afhanklikheid enom vertroue tebou tussen al diebelangegroepe in landbou. Dankiedaarvoor.”
12: KatlegoMaboebegelei diegaste, terwyl almal staandedie volkslieduit vollebors saamsing.
6
11
12
9
10
7
8
1...,9,10,11,12,13,14,15,16,17,18 20,21,22,23,24,25,26,27,28,29,...100
Powered by FlippingBook