SA Graan November 2014 - page 20

Toekenningsgeleentheid
November 2014
18
Ontwikkelende landbou-wenners
dankbaar vir ondersteuning
D
ie wenners van die drie splinternuwe kategorieë van die
Ontwikkelende Graanprodusent van die Jaar het elkeen
vanjaar hulle groot dankbaarheid uitgespreek vir dít wat
Graan SA en ander rolspelers in die landboubedryf in
elkeen vanhulleboerderye al betekenhet.
GraanSA/Absa Bestaansboer van die Jaar
(0 ha - 10 ha)
EnochKhumalo vanPiet Retief
“Ek het in 2012betrokkegeraak byGraanSA, toemyoëoopgegaan
het. Vandag sien ek ‘n toekoms. Ek vra die Departement van Land-
bou, Bosbou enVisserye om asseblief deure virmy oop temaak en
dat Graan SA sal aanhou ommy te ondersteun, sodat ek vorentoe
kanbeweeg.”
GraanSA/SyngentaKleinskaalboer van
die Jaar (10 ha, maarminder as 250 ton)
Lungelwa Kama vanMaclear
“Dit is ‘n groot eer vir my om vanaand op hierdie verhoog te kan
staan. Ek het dié toekenning nie verwag nie, maar ek is dankbaar
en ek dank God vir alles wat hy vir my gedoen het. Baie dankie vir
Graan SA vir my opleiding en dankie ook vir Vusi Ngesi (Graan SA
ontwikkelingskoördineerder),maJaneMcPherson (bestuurder:Ont-
wikkelende Landbou, GraanSA) enmyman, Vuyani, vir al julle hulp
en leiding.”
GraanSA/AbsaNuwe EraKommersiële
Boer van die Jaar (250+ ton)
RalphSwart vanElim
“Dit is dieWes-Kaap wat hier staan en dit gebeur nie elke dag nie.
Ek het in 1979met 2 ha begin boer, ‘n jaar daarna het ek 5 ha gehad
en twee jaar daarna 9 ha. Toe ek graan verkoop het in 1979, was die
prysR400/ton en ‘nbeeswasR60.”
Swart boer vandag op 2 300 ha grond en hy het ‘n gemiddelde oes
van3 tonplus/ha. “Ekhet eers vir diehoendersgesaai,maar vandag
produseer ek vir Graan SA tonne en tonne graan en dit wil gedoen
wees,” het hy met trots gesê. Een van sy grootste uitdagings is
grond. “Kosie van Zyl het in 2012mymentor geraak en een oggend
het hy by my stoor aangekom en vir die gifsmous gesê dat hy die
regte chemie moet spuit, want ‘Ralph moet ‘n goeie oes maak om
eendag sy eieplaas te kan koop’.
“Vandag, twee jaar later, koop ek ‘n plaas in Stormsvlei. Absa, dit
wat julle vir onsmense doen, waardeer ons baie. Baie dankie vir dié
geleentheid. Ek het ‘n toekoms vir my kinders probeer regkry, maar
Absa, julle het vir my kinders ‘n verdere hupstoot vir die toekoms
gegee,”wasSwart sewoorde.
Sy vrou, Preline, het ook vanaf die podium haar dankbaarheid
uitgespreek. “Ekwil baie dankie sê vir Graan SA en al die rolspelers
in ons boerdery – Kosie van Zyl (ons mentor), Liana Stroebel
(Graan SA ontwikkelingskoördineerder) en Toit Wessels (ledebe-
marker: Graan SA). Dit wat ons bereik het, is net die Hemelse
Vader sewerk en ons is baie nederig oor al die toekennings wat op
ons padgekomhet.”
Leesmeer oor elkeen van hierdie drie wenners se boerderye in die
September 2014-uitgawe van
SAGraan/Grain
.
GRAAN SA
RUTHSCHULTZ,
SAGraan/Grain
medewerker; Foto’s:
HELENUSKRUGER
RalphSwart vier syprestasie saammet sy seun, Jacques en vrou,
Preline.
EnochKhumalo se vrou, Nomsa, deel die trotseoomblikwaarinhaar
man sy toekenningontvanghet.
LungelwaKama seman, Vuyani, is haarmentor indieboerdery.
Families deel in vreugde
1...,10,11,12,13,14,15,16,17,18,19 21,22,23,24,25,26,27,28,29,30,...100
Powered by FlippingBook