SA Graan November 2014 - page 32

November 2014
30
Isdiehuidigehuurwaardes
oor tyd
volhoubaar vir jou boerdery?
B
aie produsente besit nie al die grondwaarop hulle boer nie
en daaromword baie grond jaarliks verhuur en gehuur. Die
vraag is:Worddaar nie teminof teveel vir huurgrondbetaal
nie enwat is ‘nbillikehuurprys?
Dit moet duidelik gestel word dat ‘n billike huurprys nie maklik
bereken kan word nie. Huurpryse word hoofsaaklik deur vraag en
aanbodenverskeieander faktorebepaal. Indiemeestegevallespeel
persepsies ‘nbelangrike rol indiebepaling vanhuurwaardes.
Die persepsie kan bestaan dat die produsente baie geld maak en
daarom wil die verhuurder ‘n baie hoër huur verkry. Net so kan
die huurder dalk dink dat die verhuurder heeltemal te veel geld
maak en daarom wil hulle minder betaal. In meeste gevalle is
hierdie persepsies ver van die waarheid en daarom is dit belangrik
dat produsente dit vir hulself sal uitmaak hoeveel hulle vir huur
kanbetaal.
Produksiepotensiaal van die huurgrond
Voor ons na die berekeningsmetodes van huurwaardes gaan kyk, is
daar ‘n paar aspektewat verseker die huurwaardes gaan beïnvloed.
Diebelangriksteaspek sal sekerlikweeswat dieproduksiepotensiaal
vandiehuurgrond is.Die landesepotensiaalwordgewoonlikbepaal
deur die grondsoorte, gronddiepte en langtermynreënval. Hiervoor
is ‘ngoeie fisiesegrondkarteringskaart baiewerd.
Daar is nog ander aspekte wat ook ‘n rol speel in die huurprys vir
grond, onder andere die chemiese status van die grond. ‘n
Goeie chemiese kaart van die plaas sal ongetwyfeld ook die
huurwaardes beïnvloed. As die grond baie suur is en die makro-
en mikro-voedingsvlakke in die grond baie laag is, sal dit weer die
opbrengspotensiaal vandiegrond verlaag.
Indien die huurtermyn dit nie toelaat om hierdie grondregstellings
winsgewend tedoennie, saldieproduksievandiegrondnieoptimaal
wees nie en sal dit indiehuurwaardeweerspieëlmoet word.
Fisiese beperkings kom gereeld voor en as daar byvoorbeeld ‘n
ploegblad is, sal dit dieproduksie vandiegrondbenadeel. Die koste
vir die ophef van hierdie beperking sal in die huurprys weerspieël
moet word.
Ligging
Ligging is nienet bydie koop vaneiendombelangrik nie,maar speel
ook ‘n belangrike rol wat die huur van grond betref. ‘n Land teenaan
‘ngebiedwaar dieproduktemaklik gesteel kanword, sal ‘n laer prys
hê as ‘n soortgelykepotensiaal landwaar dit niediegeval is nie.
Verder sal die ligging van die grond relatief tot die huurder ook die
bedryfskostebeïnvloed. Die kostevir die skuif van implementemoet
ook in die huurprysweerspieël word. As die buurplaas te huur raak,
sal jy en die ander bure van die plaas die hoogste huur vir hierdie
grondkanbetaal;dit isnou tesêasdieboerderyoorgenoeg trekkers
enmasjineriebeskik omdieplaas ten volle tebewerk.
Grootte
Diegrootte vandiegedeeltewat gehuur gaanword, kanook ‘neffek
opdie huurwaardes hê. Vir net ‘n klein stukkie land, ver vandie kern
van die boerdery, sal verseker nie baie voor gevra kanword nie. As
die gedeeltewat gehuur kanword, dit regverdigomdie implemente
maklik soontoe te skuif en die toerusting kan lank genoeg daar bly,
sal dit ook indiehuurprys verdiskonteermoet word.
Infrastruktuur
Baie plase kan met al die infrastruktuur ingesluit, gehuur word.
Hierdie kan dalk ‘n voordeel vir sommige huurders wees, terwyl dit
vir ander ‘n las kanwees. As ‘n hele plaas gehuurmoet word, sal dit
ookdiehuurprysbeïnvloed.Sommigeprodusentesalnienoodwendig
die hele plaas kan benut nie. Dit is nie almal wat al die lande en
weidingbenodignieendaarom sal dit huurgrondpryse affekteer.
Metodes om huurwaarde te bepaal
In baie gevalle sal daar ‘n voorstel gemaakword dat die verhuurder
dieselfde huur wil hê as wat in die omgewing betaal word.
Hierdiebenadering segrootstenadeel isdat dit nievir die spesifieke
plaassepotensiaal voorsieningmaaknieenhoeweet dieverhuurder
endiehuurderwat dieomgewing segemiddeldehuur is?
Soms word die langtermyn gemiddelde opbrengste gebruik om die
huur te bepaal. Hierdie metode word ook gekelder deur die effek
van goeie en slegte bestuurders. ‘n Goeie bestuurder behoort in
‘n swak produksiejaar baie beter te doen as ‘n swak of gemiddelde
bestuurder.
As die grond al ‘n geruime tyd aan meer as een huurder verhuur
is, waar kry jy die langtermyn gemiddelde opbrengste vir die
plaas of land? Hoe word daar gemaak as daar wisselbou en nie-
wisselbou toegepaswordenhoegaanhierdieaspekdiegemiddelde
opbrengstebeïnvloed?
Daar is ook ‘n tegniek waar ‘n gedeelte van die bruto inkomste
gebruik word om die huur te bepaal. In hierdie tegniek is die
opbrengs en die prys veranderlikes en dit is baiemoeilik om hierdie
veranderlikes te voorspel. Tog is die grondhuurwaardes geneig om
hierdiebruto inkomste tendensena tevolg. Dit kan somsgebeur dat
diehuurinkomstemoet daal asgevolgvankommoditeitewat geplant
kanword,maar onsweet dat dit nie regtig indiepraktyk gebeur nie.
Opbrengs op belegging word ook soms gebruik om die huur te
bereken. Asdieverhuurder ‘n sekereopbrengskoerswil hê, sal hy sy
huur hiervolgens bepaal. In tyewaar die grondwaardes baie varieer,
is hierdie nie die beste metode nie en kan dit soms die huur te
hoogmaak.
‘n Winsdelingooreenkoms kan ook gebruik word om die huur te
bepaal. Indien daar op hierdie metode besluit word, is dit egter
van kardinale belang om voor die tyd ooreen te kom watter koste
ingesluit word en watter koste uitgesluit word. Verder moet die
verhuurderweet dat hyook ‘ndeel vandie risikogaandra.
PIETMANBOTHA,
SAGraan/Grain
medewerker
FOKUS
Natuurlikehulpbronneenenergie
Spesiale
1...,22,23,24,25,26,27,28,29,30,31 33,34,35,36,37,38,39,40,41,42,...100
Powered by FlippingBook