Background Image
Previous Page  11 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 11 / 116 Next Page
Page Background

ALZENA GOMES,

skakelbeampte: Graan SA

LEDE-LANDSKAP

‘n 180°-blik op ons lede en tak-akt iwiteite

Streeksvergaderings steeds van

belang vir ons lede

m

et die nuwe jaar reeds in volle swang, het die tyd

vir die Graan SA-streeksvergaderings wat die

Kongres voorafgaan, aangebreek. Die streeks-

vergaderings het uitsluitlik ten doel om die werk-

saamhede van Graan SA aan die produsente deur

te gee en ook om op persoonlike vlak met die

produsente te kan kommunikeer. Die streeksvergaderings skep dan

ook vir produsente die ideale platform om knelpunte in hulle gebied

onder die aandag van Graan SA se Dagbestuur te bring.

Die eerste rondte streeksvergaderings het reeds op 26 Januarie

vanjaar afgeskop met vergaderings op Delmas, Weiveld Boerever-

eniging, Vrede en Reitz. Daar is ook vir die res van die week verga-

derings gehou op Clocolan, Bultfontein, Viljoenskroon en Bothaville.

‘n Gevoel van positiwiteit is by die produsente ervaar – die erge

droogte ten spyt. Die droogte was maar oral ‘n besprekingspunt

en die eerste oesskatting van 2016 wat op 28 Februarie 2016

beskikbaar gestel is, het menige produsent se wenkbroue laat lig.

Die streeksvergaderings is oor die algemeen goed bygewoon

alhoewel daar minder produsente by van die vergaderings was. Dit

kon hoofsaaklik toegeskryf word daaraan dat sommige produsente

nog besig was om saad in die grond te kry na die laat reëns in die

Vrystaat.

1: Jaco Minnaar (Graan SA-dagbestuurslid), Willie Linde (Graan SA-

hoofbestuurslid) en Louw Steytler (voorsitter: Graan SA) druk in

gesprek na die vergadering op Vrede.

2: Japie Grobler, Boet Roux en Carl Conradie geniet ‘n worsbroodjie

op Viljoenskroon.

3: Produsente van Reitz luister na Jaco Minnaar.

4: Produsente van Clocolan.

5: Tydens die vergadering op Clocolan. Voor: Louw Steytler,

Jan Groenewald, Wessel Wessels en Jaco Breytenbach (Graan SA-

hoofbestuurslid). Agter: Frannie Pieterse, Hannes Pretorius,

Pierre Moolman (OVK), Johan Groenewald en Etienne Lombard (OVK).

6: Francois Strydom (besturende direkteur: Senwes), Anton Botha

(Graan SA-hoofbestuurslid), Gerhard van der Ryst (takbestuurder:

Senwes Bultfontein) en Louw Steytler op Bultfontein.

7: Produsente van Bothaville luister na wat Petru Fourie (navorsings-

koördineerder en produksiekoste-analis: Graan SA) te sê het oor

die markte.

DIRK KOTZÉ,

ledebemarking en kommunikasiebeampte: Graan SA

9

1

4

7

6

2

3

5