Background Image
Previous Page  17 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 17 / 116 Next Page
Page Background

Product information

15

March 2016

Indien saad gesertifiseer is, moet dit addisioneel ook aan die

vereistes van die skema voldoen.

Indien ‘n produsent ‘n klagte het rakende die kwaliteit van saad wat

aangekoop is, moet hulle dit eerstens met die betrokke saadmaat-

skappy van wie die saad aangekoop is, opneem. Maatskappye het

interne sisteme en prosesse in plek om saadklagtes te ondersoek en

dit word dan dikwels vinnig en effektief afgehandel.

Indien dit egter nie tot bevrediging van die produsent afgehandel

word nie, kan die klagte by DLBV aanhanging gemaak word. Beamp-

tes van die Direktoraat Inspeksiedienste sal dan die saak ondersoek.

Daar moet egter daarop gelet word dat indien die klagte nie gereg-

verdig is nie, die klaer vir die ondersoekkostes aangeslaan sal word.

Ingeval van gesertifiseerde saad sal SANSOR dan ook betrokke raak,

aangesien SANSOR volledig rekord hou van die geskiedenis van elke

saadlot wat gesertifiseer word.

Dit is egter baie belangrik dat produsente die etikette wat aan die

saadhouers geheg was, moet bewaar sodat die lotspesifieke in-

ligting as verwysing tydens die ondersoek gebruik kan word.

Waarom gesertifiseerde saad plant

of vestig?

Deur gesertifiseerde saad aan te koop, kan die produsent die

gemoedsrus hê dat die betrokke saadlot deur meer as 90 kon-

trolepunte gegaan het voordat dit vir verkoop beskikbaar gestel is,

dat die produksie van die saad deur ‘n onafhanklike instansie gemo-

niteer en gekontroleer is, dat daar ‘n volledige produksiegeskiedenis

op rekord is en dat die betrokke saadlot voldoen aan vasgestelde

minimum vereistes.

Gesertifiseerde saad is saad van konstante bekende hoë kwaliteit

wat noodsaaklik is vir risikobestuur in moderne landbou.

Die SANSOR-administrasie

Gedurende die afgelope finansiële jaar is ongeveer 1 800 saad-

produksie-eenhede van 31 verskillende spesies by SANSOR onder

die voorskrifte van alle nasionale sowel as internasionale saadserti-

fiseringskemas geregistreer.

Van hierdie ongeveer 1 800 registrasies was sowat 380 eenhede vir

pre-basissaad, 430 eenhede vir basissaad en 990 eenhede aange-

plant vir die produksie van gesertifiseerde saad.

‘n Totale oppervlakte van 46 716 ha is aangeplant vir die produksie

van gesertifiseerde saad van alle generasies. Gedurende dieselfde

periode was ongeveer 3 900 sertifikate uitgereik vir die saadlotte met

‘n gesamentlike massa van byna 59 500 000 kg saad.

Hierdie syfers is verteenwoordigend van die gemiddeld wat jaar-

liks hanteer word. Alhoewel die binnelandse vraag na saad jaarliks

varieer afhangende van heersende klimaattoestande en die aan-

vraag van produsente vir spesifieke gewasse, word die produksie

van gesertifiseerde saad gestabiliseer deur die uitvoermark, wat dan

ook ‘n belangrike deel van baie maatskappye se strategie is.

Vir die uitvoermark word saad hoofsaaklik ingevolge die interna-

sionale Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling

(OESO) se saadskemas, waarvan Suid-Afrika ‘n deelnemende land

is, gesertifiseer.

Ten slotte

SANSOR beskik oor die dienste van nagenoeg 230 gemagtigde in-

spekteurs en monsternemers wat saam hande vat in die enorme taak

om kwaliteit saad aan produsente te verseker. Die organisasie is ook

toonaangewend wanneer dit kom by internasionale verwikkelinge en

tendense in die saadhandel deur hulle noue betrokkenheid by inter-

nasionale organisasies wat daarmee gemoeid is.

In tye waar voedselsekerheid en klimaatsverandering groot bespre-

kingspunte is, kan produsente nie bekostig om kanse te vat met saad

(die belangrikste hulpbron) wat nie van die hoogste moontlike gene-

tiese sowel as fisiese kwaliteit is nie.

Saadmaatskappye voeg dus waarde by hulle eindproduk deur dit

deur SANSOR te laat sertifiseer. Produsente en gewasverbouers

trek direk voordeel uit saadsertifisering, deur saad van hoogstaande

kwaliteit te bekom wat die eindproduk is van ‘n intensiewe kwali-

teitsbeheerstelsel.

SOORT PLANT

MAKSIMUM INHOUD %

MINIMUM %

ANDER MATERIAAL

ANDER SAAD

ONTKIEMING

BOTANIESE

NAAM

GEWONE

NAAM

WETLIK

(PVW)

GESERTIFI-

SEERD

WETLIK

(PVW)

GESERTI-

FISEERD

WETLIK

(PVW)

GESERTI-

FISEERD

Glycine max

L.

Merrill

Sojaboon

4,0

2,0

0,1

0,1

70

70

Helianthus

annuus

L.

Sonneblom

4,0

2,0

0,1

0,1

70

80

Sorghum

spp.

Voersorghum

7,0

2,0

0,2

0,1

60

70

Zea mays

L.

Mielies

4,0

2,0

0,1

0,05

70

90

TABEL 1: VERSKILLE TUSSEN FISIESE VEREISTES VAN GESERTIFISEERDE EN ONGESERTIFISEERDE SAAD.

‘n Voorbeeld van die sertifiseringsetiket met unieke nommer wat op

elke houer wat gesertifiseerde saad bevat, aangebring word.