Background Image
Previous Page  6 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 6 / 116 Next Page
Page Background

4

e

k kom nou die dag op ‘n deel in die Bybel af waar die volk

Israel vir die Here sê: “Ons weet nie wat om te doen nie.”

My gedagtes het onwillekeurig na Suid-Afrika gegaan

oor al ons omstandighede. Ons is behoorlik omring deur

moeilike omstandighede: Ekonomies, polities, wat ver-

houdinge betref en selfs die natuur. Nou waarheen nou?

Dit is elke dag se vraag en bepeinsing. (Ek dink my bepeinsing sal ek

met ‘n lang “y” wil spel.)

Ons land is in verskeie krisisse en saamstaan is die enigste pad

vorentoe. Ek verstom my oor sommige instansies se leiers wat dan

nog skoor soek en fout vind met ander terwyl dit nie voor hulle eie

deure skoon is nie. Ek moes ook weer mooi in my eie hart kyk na

my besorgdheid oor ons land. Dit behoort tog nie aan my nie,

maar dan weer het ons ‘n roeping om hier te wees en die taak wat

ons opgelê is, uit te voer. Hoe gaan ons in sulke moeilike tye volhou-

baar kos kan produseer dat ons rustig kan woon en werk soos die

belofte strek?

Die droogte van 2015 en 2016 het die ver-

moë om baie fokus op die korttermyndinge

te plaas. Baie energie en hulpbronne word op

die oorlewing van die hier en die nou geplaas.

Alhoewel die huidige omstandighede oorkom

moet word, was daar ‘n paar ernstige stra-

tegiese tendense aan die einde van 2015 wat

langtermynaandag vereis: Die intensiteit van

die klimaatverandering en die toename van

meer gerugte van inmenging in die mark deur

die regering. Hierdie twee tendense sal ern-

stig onder die loep geneem word tydens die

Graan SA Kongres van 2016.

Daar is al hoe meer stemme wat aansluit by

die koor dat die land op pad is na ‘n algehele

ineenstorting. Is ons gewoon net op ‘n onom-

keerbare trajek of kan dinge nog verander? Uit

die aard van ons wese as graanprodusente

bly ons optimiste. Net toe almal teen Kersfees

dog die koeël is nou deur die kerk, plant die

produsente sowat 700 000 ha in tien dae se

tyd. Dit wil gedoen wees!

‘n Graan SA-opname op 15 Januarie van-

jaar het aangedui dat die mielie-aanplantings

sowat 1,3 miljoen hektaar gaan wees. Die

Oesskattingskomitee se syfer op 25 Januarie

(en na ‘n paar lekker buie reën) was 1,99 mil-

joen hektaar. Dit kan ook as 1,26 miljoen pitte per minuut uitgedruk

word. Hierdie is ‘n tipe voedselsekerheidskapasiteit wat nie te ver-

smaai is nie. Ons weet egter dat die mielies nog lank nie in die silo’s

is nie, maar ten minste is daar al ‘n kans dat ons iets gaan stroop.

Graan SA wil graag tydens die Kongres van 2016 die buitelyne van

die toekomspad van graanprodusente in die land probeer trek sodat

daar behoorlik beplan kan word vir wat nodig is om nie net te oorleef

nie, maar vorentoe te kan gaan.

Die mark was sedert 1997 wreed, dog regverdig, maar dit wat voor-

lê mag dalk selfs meer onvoorspelbaar wees. Ons het nog altyd die

produsent as die vertrekpunt van voedselproduksie gesien en dit

sal interessant wees om te sien waar die produsente geposisioneer

gaan wees in die bedeling wat nou gaan volg.

‘n Mens kry party dae die indruk dat ander partye meen hulle vorm

die middelpunt! Tyd gaan ons leer, maar die prys van foute kom baie

mense in ons land baie duur te staan.

Nou waarheen nou?

JANNIE DE VILLIERS,

uitvoerende hoofbestuurder/CEO

Ons het nog altyd die

produsent as die vertrekpunt

van voedselproduksie gesien

en dit sal interessant wees

om te sien waar die

produsente geposisioneer

gaan wees in die bedeling

wat nou gaan volg.

STANDPUNT

POINT OF VIEW

Graan SA

Maart 2016