Background Image
Previous Page  16 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 16 / 116 Next Page
Page Background

Produk-inligting

Maart 2016

14

Saad

FOKUS

Spesiale

Gesertifiseerde saad:

Die deurslaggewende inset

ie Suid-Afrikaanse Nasionale Saadorganisasie (SANSOR) is

‘n bedryfsorganisasie wat die belange van die saadbedryf

plaaslik sowel as internasionaal verteenwoordig, beskerm

en uitbrei.

Die organisasie is ook sedert 1989 die aangewese gesag vir saad-

sertifisering in Suid-Afrika. Tot op daardie stadium is sertifisering

behartig deur die destydse Departement van Landbou, waarna dit

weens ekonomiese redes gerasionaliseer is.

Saadsertifisering geskied onder die riglyne en voorskrifte van die

Suid-Afrikaanse Saadsertifiseringskema sowel as die Plantverbete-

ringswet 1976 (Wet 53 van 1976). Sertifisering is egter nie verpligtend

nie, maatskappye neem self die besluit of hulle ‘n spesifieke saad-

produksie wil laat sertifiseer of nie.

Wat is gesertifiseerde saad?

Die feit dat ‘n lot saad deur ‘n geregistreerde onderneming verkoop

word en dat daar ‘n ontledingsverslag daarvoor beskikbaar is,

beteken egter nie dat daardie saadlot gesertifiseer is nie.

Sertifisering van saad behels ‘n volledige kontrolesisteem vanaf

die vrystelling van die variëteit deur die teler daarvan tot en met

die uiteindelike beskikbaarstelling van die saad aan die produsent.

Dit geskied oor verskeie generasies van vermeerdering heen – wat

gewoonlik drie na vier seisoene duur.

Gedurende elk van die onderskeie vermeerderingsfases word daar

volledige kontrole uitgevoer, deurdat elke eenheid vir produksie van

saad by SANSOR geregistreer word. SANSOR kontroleer eers die

oorsprong en sertifiseerbaarheid van die ouersaad van die betrokke

variëteit voordat die eenheid aanvaar word vir die produksie van

saad vir sertifisering.

Tydens die groeistadium word die plante op vasgestelde groeista-

diums deur SANSOR-opgeleide en -gemagtigde inspekteurs onder-

soek om onder andere te bepaal dat die plante aan die voorgeskrewe

minimum vereistes ten opsigte van die variëteitsegtheid en identi-

teit voldoen.

Dit sluit in aspekte soos die kontrolering van isolasie-afstande,

vorige gewasse, opslagplante en aftipes wat moontlik die variëteits-

egtheid van die saad kan kompromitteer. Vir elke inspeksie wat uit-

gevoer word, word daar verslag aan SANSOR gelewer – wat dan die

bevinding op rekord plaas. Die inspeksieproses word deurlopend

deur SANSOR, sowel as beamptes van die Departement van Land-

bou, Bosbou en Visserye (DLBV) gemoniteer.

Nadat die saad geoes is, word dit dan verwerk en verpak. Weer eens

word daar kontrole uitgeoefen om te verseker dat daar geen ver-

menging plaasvind nie. Die houers waarin die saad verpak word,

word dan met voorgeskrewe inligting wat op etikette, wat deur

SANSOR verskaf word, gemerk.

Hoe word gesertifiseerde saad onderskei

van ongesertifiseerde saad?

Vir gesertifiseerde saad word uniek-genommerde blou etiket met die

landswapen en die woorde SA GESERTIFISEERDE SAAD: SANSOR

daarop gedruk, gebruik.

Elke houer word ook met ‘n SANSOR-seël, ook met ‘n unieke nom-

mer daarop, verseël. Die saad word dan deur SANSOR-opgeleide en

-gemagtigde monsternemers bemonster en deur ‘n geregistreerde

saadtoets-laboratorium ontleed om die ontkieming en fisiese sui-

werheid van die saad te bepaal. ‘n Verdere monster word ook deur

die afdeling Variëteitskontrole van DLBV uitgeplant om die variëteit

se identiteit met die verwysingsmonster van die betrokke variëteit

te vergelyk.

Indien die betrokke saadlot aan al die minimum vereistes van die

saadsertifiseringskema voldoen, insluitend dié vir variëteitsegtheid,

sal SANSOR dan ‘n sertifikaat uitreik om die sertifisering daarvan te

bevestig. Die kenmerklike blou seël, blou etiket en gepaardgaande

sertifikaat dien dus as bewys dat ‘n spesifieke lot saad wel in terme

van die Suid-Afrikaanse Saadsertifiseringskema gesertifiseer is.

Verskil tussen gesertifiseerde en

ongesertifiseerde saad

Tabel 1

toon die verskil van die fisiese vereistes tussen gesertifi-

seerde en ongesertifiseerde saad.

‘n Verdere wesenlike verskil tussen gesertifiseerde saad en ongeser-

tifiseerde saad is dat die variëteitsuiwerheid en -identiteit van elke

produksie in die geval van ongesertifiseerde saad nie deur ‘n on-

afhanklike organisasie gekontroleer word nie – wat in die geval van

gesertifiseerde saad wel deur SANSOR gedoen word.

Saad wat nie aan die vereistes voldoen nie

Alle saad van gewasse waarop die bepalings van die Plantverbete-

ringswet, 1976 (Wet 53 van 1976) van toepassing is (dit sluit al die

belangrike akkerbou-, groente- en weidingsgewasse in), moet aan

die vereistes voldoen wat deur die wet voorgeskryf word.

Indien ‘n onderneming, of enige persoon, saad verkoop wat nie aan

hierdie minimum vereistes voldoen nie, is hulle aan ‘n misdryf skul-

dig en kan hulle in terme van die wet vervolg word.

KOBUS VAN HUYSSTEEN,

tegniese beampte: SANSOR Tegnologie

Landinspeksies op ‘n gesertifiseerde koringsaadeenheid.