Background Image
Previous Page  10 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 10 / 116 Next Page
Page Background

Graan SA/Omnia

Boerepatentekompetisie:

Beweeg saam met die tye

GRAAN SA SE NAMPO OESDAG 2016: 17 - 20 Mei

1. Ingeskrewe artikels moet op die voorgeskrewe wyse by die Graan SA NAMPO Oesdag ten

toon gestel word. Daar sal van die uitstaller verwag word om sy patent prakties te demon-

streer vir die duur van die NAMPO Oesdag, met ander woorde, al vier dae.

2. Inskrywings sal slegs op die amptelike inskrywingsvorm aanvaar word.

3. Inskrywingsvorms moet Graan SA se kantoor minstens twee weke voor die aanvang van

die NAMPO Oesdag bereik. Behalwe in die geval van ‘n DVD/video, moet dit die beoorde-

laars ten minste een maand voor die tyd bereik.

4. Die uitstaller is verantwoordelik vir die vervoer van en toesig oor sy patent gedurende en

na afloop van die uitstalling.

5. Graan SA of Omnia kan geensins verantwoordelik gehou word vir enige verliese gely deur

die uitstaller weens sy deelname aan die kompetisie nie.

6. Patente (en uitstallings) moet die oorspronklike idee van die uitstaller wees.

7. Slegs bona fide produsente of ander individue wat geen belang by die kommersiële

vervaardiging van soortgelyke toerusting of toestelle het nie, mag inskryf.

8. Geen toerusting wat kommersieel bemark of in die proses van registrasie is, mag mee-

ding nie.

9. Die inskrywing van gepatenteerde produkte wat omgeskakel word in ‘n nuwe patent, sal

toegelaat word mits dit nie kommersieel beskikbaar is nie.

10. Die aangewese beoordelaars se beslissing ten opsigte van die toekenning van pryse is

finaal en geen appèl teen enige besluit sal aangehoor word nie.

11. Die beoordelaars sal pryse toeken na goeddunke en inskrywings afkeur wat volgens hul

oordeel nie inpas nie.

12. Afdelings waaronder deelgeneem kan word:

A. Masjinerie, implemente en landboutoerusting

A1: Nuut

A2: Gemodifiseer/aangepas

B. Gereedskap

B1: Nuut

B2: Gemodifiseer/aangepas

C. Huishoudelike-/tuintoerusting

C1: Nuut

C2: Gemodifiseer/aangepas

D. Ope-afdeling

Enigiets nie hierbo vervat nie, maar wat betrekking het op die verbetering van land-

bou/landboubestuur op graan- en veeplase (byvoorbeeld rekenaar- en enige be-

stuursprogramme, programmatuur ensovoorts).

E. Skoliere

Enige leerling wat 18 jaar of jonger is en wat by ‘n primêre of sekondêre onderrig-

instelling ingeskryf is.

F. Studente

Enige leerling wat 18 jaar of ouer is en wat by ‘n tersiêre onderriginstelling inge-

skryf is.

13. (a) Uitstallings moet op die laatste Maandag, 16 Mei 2016, teen 14:00 op die terrein wees.

Kundige teenwoordigheid vir die duur van die NAMPO Oesdag word verwag. Inskry-

wingsvorms moet saam met die patent by die ingangshek getoon word.

(b) Geen uitstalling mag voor Saterdag, 21 Mei 2016, verwyder word nie.

(c) Alle inskrywings word as permanente uitstallings vir die duur van die NAMPO Oesdag

beskou. Waar daar byvoorbeeld van ‘n voertuig soos ‘n bakkie gebruik gemaak word

om ‘n patent te demonstreer, sal die bakkie as ‘n permanente deel van die uitstalling

beskou word en mag dit nié tydens die periode wat die NAMPO Oesdag duur, van die

terrein verwyder word nie.

Sien 13(a)

.

Beoordeling vind op 17 Mei 2016 plaas en produsente word genooi om patente te kom besigtig op

standplaas 104 langs die Omnia-gebou. Moet dit nie misloop nie!

REËLS VIR DIE KOMPETISIE

Aangebied deur Graan SA en Omnia.

Vindingryke produsente kry weer geleent-

heid om gemodiÀseerde landboutoerus-

ting te demonstreer.

AMPTELIKE INSKRYWINGSVORM

Die doel van die Boerepatentekompetisie is om produsente met

oorspronklike idees aan te moedig om toerusting wat deur hulle

gebou is vir spesifieke aanwending of vir die doel om hul eie pro-

bleme op die plaas te oorkom, met hul medeprodusente te deel

wat sal lei tot algemene en groter doeltreffendheid en gerief op

die plaas.

Wat is ‘n boerepatent?

Dit is ‘n oorspronklike toestel of toerusting wat deur ‘n individu

ontwerp en gebou is om in ‘n spesifieke behoefte te voorsien wat

nie deur bestaande toerusting bevredig word nie. Die toestel of

toerusting mag nie gepatenteer wees nie en mag deur enige per-

soon vir eie gebruik nageboots word. Sien ook Reël 9.

Inskrywings

Rig alle inskrywings aan mnr Wim Venter, Graan SA, Posbus 88,

Bothaville, 9660. Daar sal dan ‘n eerste keuring gedoen en ‘n

sertifikaat van deelname aan alle gekeurde inskrywings uitgereik

word. Inskrywingsvorms is ook beskikbaar by die Graan SA-

kantoor – skakel hulle by 086 004 7246.

Let wel: Sou jou patent van so ‘n aard wees dat dit nie voor die tyd

vervoer kan word nie, is ons meer as bereid om ‘n DVD/video te

ontvang (ten minste ‘n maand voor die kompetisie) of as jy graag

van die nuutste inligtingstegnologie wil gebruik maak, kan jy dit

op

YouTube

plaas – stel egter dan net vir Wim Venter daarvan in

kennis.

1.

Naam:

2. Adres:

3.

Kontaknommer:

4. Dui met ‘n kruisie die afdeling aan waaronder jy inskryf:

A. Masjinerie, implemente en landboutoerusting

A1: Nuut

A2: Gemodifiseer/aangepas

B. Gereedskap

B1: Nuut

B2: Gemodifiseer/aangepas

C. Huishoudelike-/tuintoerusting

C1: Nuut

C2: Gemodifiseer/aangepas

D. Ope-afdeling

Enigiets nie hierbo vervat nie, maar wat betrekking het op

die verbetering van landbou/landboubestuur op graan- en

veeplase (byvoorbeeld rekenaar- en enige bestuursprogram-

me, programmatuur ensovoorts).

E. Skoliere

Enige leerling wat 18 jaar of jonger is en wat by ‘n primêre of

sekondêre onderriginstelling ingeskryf is.

F. Studente

Enige leerling wat 18 jaar of ouer is en wat by ‘n tersiêre onder-

riginstelling ingeskryf is.

5. Volledige beskrywing van toestel/toerusting en algemene inligting:

Ek onderneem om by die reëls van die kompetisie te hou.

Geteken:

Naam en van in blokletters:

jaar

28