Background Image
Previous Page  12 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 12 / 116 Next Page
Page Background

Ons is trots

op dié produsente

New ϐinancial

manager

H

oërskool Heidelberg het gedurende 2015 weer ‘n fondsinsamelingsprojek gehou

waar produsente graan aan die skool geskenk het. Elke produsent wat gars of koring

geskenk het, se kamp (waar daardie gewas gestaan het), is gedurende Oktober

verlede jaar deur die skrywer getakseer en die opbrengswaarde is bepaal. Die

gebied was baie geseën die jaar en daar was bogemiddelde opbrengste op die lande.

Sertifikate is tydens ‘n spesiale funksie aan elk van die deelnemers oorhandig en die twee

wenners, Andries Duminy en WG Wessels, is onderskeidelik as die Hoërskool Heidelberg

en Graan SA se 2016 Garsprodusent van die Jaar en 2016 Koringprodusent van die Jaar

aangekondig. Graan SA is trots om deel te wees van só ‘n prestige projek. Jack Human

(pionier van bewaringsboerdery in die Wes-Kaap, oud-leerder van die skool en produsent),

wat die sertifikate oorhandig het, is ‘n week na die funksie tragies oorlede.

C

hrista Herbst was promoted to

Grain SA’s financial manager on

1 December 2015, replacing

Willem Voogt who has resigned.

She joined Grain SA on 1 December 2013

as accountant. Christa obtained her

BCompt degree from Unisa while com-

pleting her articles at Pricewaterhouse-

Coopers. She has successfully passed her

qualifying examination with SAIPA as a

professional accountant.

GRAAN SA

TOIT WESSELS,

ledebemarking en kommunikasiebeampte: Graan SA

CORETHA USHER,

HR officer: Grain SA

Die produsente wat deelgeneem het.

Hoërskool Heidelberg en Graan SA se 2016

Garsprodusent van die Jaar is Andries Duminy

(links) terwyl WG Wessels (regs) Hoërskool

Heidelberg en Graan SA 2016 Koringprodusent

van die Jaar is. Saam met hulle is Toit Wessels.

Christa Herbst

Wes-Kaap hou algemene jaarvergadering

d

ie Graan SA-winterreënvalstreke (Streek 26 en Streek 27)

se gesamentlike algemene jaarvergadering het op

2 Februarie v njaar by Kronenb rg Landgoed buite die

Paarl plaasgevind. Die geleentheid is goed bygewoon

deur produsente, insetverskaffers en bedryfsrolspelers.

Mnr Jannie de Villiers (uitvoerende hoofbestuurder: Graan SA)

was eerste aan die woord en het ‘n insiggewende oorsig oor

Graan SA se werksaamhede en strategiese doelwitte gegee,

onder andere die volgehoue interaksie met die regering rakende

die heersende droogte. Die regering erken egter nog nie dat die

droogte ‘n krisis vir voedselsekerheid is nie, maar daar behoort

meer duidelikheid hieroor na afloop van die staatsrede te wees.

Graan SA sal egter steeds volhou om die saak te ondersteun.

Verder het mnr Andries Theron (visevoorsitter van Graan SA en

voorsitter van die Wintergraanwerkgroep) verslag gedoen oor die

Koringwerkgroep se werksaamhede in “‘n tyd van verandering”.

Daar is die afgelope tyd oor ‘n omdraaistrategie vir die koringbedryf

besin in terme van hoe winsgewendheid verbeter kan word om

die bedryf te stabiliseer en ekonomies regverdigbaar te maak.

Verder het produsente die verblydende nuus gekry dat na vele

onderhandelings, daar op die eindpunttantiemestelsel (

end point

royalty

)-stelsel besluit is, wat sal help dat kultivars en saad makliker

beskikbaar sal wees – dit sal saadtantieme vervang.

Dit was ‘n ook voorreg om vir Minister Alan Winde (Wes-Kaapse

Minister van Ekonomiese Geleenthede) as gasspreker vir die dag te

ontvang. Minister Winde het ‘n betekenisvolle samevatting rakende

die werksaamhede van die Departement Landbou, Ekonomie en

Toerisme in die Wes-Kaap gegee waar hy onder andere die stand

van die droogtehulp gerapporteer het.

Agri SA en Agri Wes-Kaap is hartlik bedank vir hul bystand met die

toedeling van hulp aan produsente. Erkenning is ook gegee aan

produsente wat reeds voer vir droogtegeteisterde gebiede geskenk

het, asook die banke wat bereid is om hulp te oorweeg. Die nood-

saaklikheid dat rampbestuurstelsels voortdurend verbeter, is ook

sterk beklemtoon.

Hiermee wil ons graag alle produsente, rolspelers in die bedryf,

asook Minister Winde bedank vir hul teenwoordigheid, waardevolle

bydraes en ondersteuning.

LIANA STROEBEL,

ontwikkelingskoördineerder: Graan SA

LEDE-LANDSKAP

Minister Alan Winde het onder andere oor die stand van die

droogtehulp gerapporteer.

10

Maart 2016