Background Image
Previous Page  12 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 12 / 84 Next Page
Page Background

TERUGBLIK

NAMPO 2017

Spesiale

Junie 2017

10

Steven Mathews, Suid-Afrika se jong afslaer van die jaar vir 2016,

het deelgeneem aan die internasionale jongafslaerskompetisie

(geborg deur Toyota), wat tydens die eerste drie dae van die

Oesdag plaasgevind het. Hy het met die louere weggestap teen

internasionale deelnemers van Namibië, Argentinië en die VSA.

Nog ‘n eerste by NAMPO was ‘n inligtingsessie wat

SA Graan/Grain

vir

adverteerders gehou het

.

Tydens die geleentheid is hulle bedank vir hul

volgehoue ondersteuning – veral tydens ‘n moeilike produksieseisoen

die vorige jaar. Die adverteerders is ook ingelig oor onder andere die

markposisionering van die tydskrif. Die fotokompetisiewenners vir

2016 is ook aangekondig.

Franci Swart van Swellendam (inlasfoto) het ‘n tweede plek in die

kompetisie behaal met haar foto “Al lê die berge nog so blou”. Sy kon

ongelukkig nie die funksie bywoon nie en die Graan SA Hoofbestuurslid

vir haar streek, Richard Krige (tweede van links), het die R7 000-prys-

geld namens haar in ontvangs geneem. By hom is Jannie de Villiers,

Theo Ferreira en Hennie de Kock.

Vir die skoner geslag was die nuwe vroueprogram ‘n hoogte-

punt op vanjaar se NAMPO kalender. Retha de Villiers (heel regs)

het elke oggend die program op gepaste wyse geopen met sielskos.

Isabel Barends het praktiese dekor-idees gedemonstreer, terwyl pro-

gramleier, Elma Postma, vir Arina du Plessis (tweede van regs) in die

Plaaskombuis gehelp het. Lizz Meiring (middel) het gaste laat skater-

lag met haar stories oor die ware geskiedenis van skoonheid.

Hendrik de Waal van Durbanville (tweede van links) glimlag breed

nadat hy weggestap met die eerste prys (R10 000) vir sy foto “Arends-

oogblik van die Franschhoekvallei” in die 2016 Graan SA/Sasol-

fotokompetisie. By die oorhandigingsgeleentheid op NAMPO Park

was: Jannie de Villiers, Theo Ferreira (voorsitter:

SA Graan/Grain

Redaksiekomitee) en Hennie de Kock (senior bestuurder: Bemarking

en Verkope, Sasol Fertilisers and Base Chemicals).

In die derde plek was Jan Rheeder van Wesselsbron (tweede van links)

se foto van sonneblomme “Oggendstond”. Hy het R3 000 daarvoor

ontvang. Jannie de Villiers, Theo Ferreira en Hennie de Kock wens hom

geluk. Die tema van 2016 se fotokompetisie was “Landbou in volkleur”.

Nuwe NAMPO-rekord