Background Image
Previous Page  11 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 11 / 84 Next Page
Page Background

Die Oesdagkomitee het hierdie jaar vir die eerste keer ‘n spesiale

verwelkomingsfunksie vir die uitstallers by NAMPO gehou. Uitstal-

lers kon die Maandagmiddag voor die Oesdag saam met lede van die

Oesdagkomitee verversings geniet voor die Dinsdag se stormloop

van besoekers aan die grootste landboutentoonstelling in die

Suidelike Halfrond.

Van die uitstallers wat die verwelkomingsfunksie bygewoon het,

was Marius Steyn (Agrifeed Systems), Johan Taúa (Hydro Health),

Abrie Greyling (Agrifeed Systems) en Donald Peake (Peake Equipment).

Annette Steyn (die DA se skaduminister van Landbou, Bosbou en

Visserye), middel, is ‘n bekende gesig by die Oesdag. Dr Marinda Visser

(bestuurder: Research and Policy Centre, Graan SA) en Jaco Minnaar

(voorsitter: Graan SA) bespreek met haar die goeie oes wat hierdie jaar

op die lande is.

Cobus van Coller (voorsitter van die Oesdagkomitee), Toit Wessels

(assistent-bestuurder: NAMPO en Bemarking, Graan SA) en

Jannie de Villiers (uitvoerende hoofbestuurder: Graan SA) staan

reg om die uitstallers by die 2017 Oesdag te verwelkom en het

hulle alle voorspoed toegewens en bedank vir die moeite en koste

wat hulle aangaan om deel van NAMPO te wees.

Graan SA doen jaarliks moeite om politici, beleidmakers en regerings-

amptenare uit te nooi om die Oesdag te besoek en hulle te ontvang.

Hier wys Ramodisa Monaisa (visevoorsitter: Graan SA), links, en

Jannie de Villiers vir die direkteur-generaal (DG) van Landbou,

Bosbou en Visserye, Mike Mlengana, rond op NAMPO Park.

Graan SA het ook die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye,

Minister Senzeni Zokwana (middel), by die Oesdag verwelkom.

Jaco Minnaar, Jannie de Villiers, Ramodisa Monaisa en Derek Mathews

(visevoorsitter: Graan SA) het hom ontvang. Volgens Jannie sien

Graan SA politici en beleidmakers as ‘n belangrike vennoot in hul

besigheid. “Ons kan nie voedsel volhoubaar in die land produseer as

hulle nie betrokke is nie. By die Oesdag kry dié mense die geleentheid

om op grondvlak te sien hoe produsente te werk gaan en om hulle van

nader te leer ken.”

9

June 2017

Hoogtepunte van 2017

TERUGBLIK

NAMPO 2017

Spesiale