Background Image
Previous Page  9 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 9 / 84 Next Page
Page Background

7

KANTLYN

Op die

June 2017

82%

80%

5,5 t/ha

Total summer grains and oilseeds production for South Africa

are estimated at 16,9 million tons, which is an 82% annual in-

crease. The most notable increases are in maize and soybeans.

Total maize production is estimated at 14,5 million tons, which

is the second-biggest crop on record after the 1980/1981 season.

Soybeans are set to be the biggest crop on record, estimated

at 1,2 million tons.

Source: Wandile Sihlobo, agricultural economist: Agbiz Grain

80% grondbedekking van oesreste kan wind- en watererosie

met 100% verminder.

Bron: Lal, R and Steward, BA. 2012.

Soil water and agronomy productivity:

Advances in Soil Science

. CRC Press.

South Africa could harvest the average highest yield on

record this year – 5,5 t/ha.

Source: Wandile Sihlobo, agricultural economist: Agbiz Grain

DS KOOS KIRSTEN

WOORD

Uit die

a

s die Here ons sou aankla oor al ons sondes en oortre-

dings, hoe sou die klagstaat lyk? Wat sou Hy in die klag-

staat insluit en wat sou Hy uitlaat? Wie sou Hy aankla en

wie nie?

In Esegiël 22 kry ons ‘n soort klagstaat. In hierdie klag-

staat word verskillende groepe mense van verskillende soorte

oortredings aangekla. Daarin sien ons wie almal aangekla word en

watter sondes hulle gedoen het.

Die eerste groep mense wat aangekla word, is die profete. Hulle was

valse leraars en het geld nagejaag. Die priesters, wat daardie tyd

die regters was, het weer die reg verkrag en het omkoopgeskenke

aangeneem om die reg te verdraai. Mense in hoë posisies was

net daarop uit om geld te maak. Hulle was korrup en het selfs nie

geskroom om moord te pleeg om ander se besittings in die hande

te kry nie.

Dit klink nogal bekend!

Die res van die bevolking word egter ook aangekla. Hulle het sek-

sueel heeltemal onrein geword, moord op groot skaal gepleeg en

gelieg en bedrieg sover as wat hulle gegaan het.

Dit klink ook bekend!

Die gevolgtrekking waartoe die Here kom, is dat hulle Hom vergeet

het (Esegiël 22:12). Wanneer mense die Here in hulle daaglikse

handel en wandel vergeet, dan neem hierdie soort goed toe. Geloof

is immers nie net iets vir die binnekamer nie, maar moet in ‘n mens

se hele lewe na vore kom. Jy moet so leef dat jou geloof vir ander

mense sigbaar word.

Ons, as gewone burgers van die land, kan nie veel doen aan korrupte

regerings, valse leraars en regsverydeling nie, maar elkeen van

ons kan iets aan ons eie lewe doen. As elkeen van ons begin om

die Here in alles wat ons doen te ken, kan ons ‘n verskil in ons eie

huise, gemeentes en omgewing maak. Selfs ‘n geringe verskil is al

‘n verbetering. Laat ons ons dan daarop toelê om die Here in alles te

onthou en te dien.

Baie geluk aan

Marko Theunissen van

Ottosdal wat vir die

Mei-uitgawe van

SA Graan/Grain

die

gratis Bybel gewen het.

Gee gerus jóú mening van die kantlyn af:

estiedv@mweb.co.za

083 490 9449

SA Graan:

Kop en skouers

bo enige ander tydskrif

Beste Redakteur

Een van die grootste remskoene van vooruitgang in Suid-Afrikaanse landbou

is in my opinie die agteruitgang van navorsing – hoofsaaklik as gevolg van

regeringsbeleid.

Wanneer uitstekende navorsing wel gedoen word, soos wat gelukkig nog die

geval is danksy ‘n handjievol individue, is die uitdaging om die resultate daarvan

in die praktyk toegepas te kry. Daar is ‘n geweldige gaping tussen die jongste

navorsingsresultate en dít wat oor die algemeen op plaasvlak toegepas word.

Die oorgrote meerderheid van produsente is ongelukkig nie eers altyd bewus

van navorsingsprojekte nie. Die mees algemene wyse waarop navorsing met

praktyk versoen word, is deur populêre tydskrifte wat so gekommersialiseer

geraak het dat jy beswaarlik kan onderskei tussen fiksie en feite.

In hierdie opsig wil ek ‘n baie groot pluimpie aan die

SA Graan/Grain

rig, wat

as bron van wetenskaplike artikels kop en skouers bo enige ander tydskrif

uitstaan. Die artikels wat aanlyn in elektroniese formaat beskikbaar is, maak

hulle maklik opspoorbaar en verskaf meestal proefresultate wat wetenskaplik

en objektief aangebied word.

Doen so voort!

Marnus Strydom

Verkeerdevlei