Background Image
Previous Page  18 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 18 / 84 Next Page
Page Background

Junie 2017

16

Ervaar tegnologie prakties

by saadplot en groen tent

S

yngenta het vanjaar hul uitstalruimte regoor hul saadplot,

onder ‘n enorme groen tent, ingerig. Dit het Oesdaggangers die

geleentheid gebied om hul tegnologie prakties te ervaar in terme

van die aanplantings by die saadplot, maar ook die tegniese aspek-

te met kundige verteenwoordigers van Syngenta onder die koelte

van hul groen tent, te kom bespreek.

Daar is onder andere gefokus op hul bekende produkte soos

Maxim Quattro en Avicta Complete. Maxim Quattro is Syngenta se

vlagskip-swamdoder vir beskerming teen ‘n wye spektrum saad-

en grondgedraagde siektes. Avicta Complete op sy beurt, bied

drieledige beskerming teen aalwurms, siektes en insekte.

Fokus is ook geplaas op saadbehandelingsprodukte vir sojabone

soos Aprin XL en Celest XL, asook volledige spuitprogramtegnolo-

gie. Die Smartfarm-handelmerk, ‘n ingesteldheid wat produsente

aanmoedig om hul boerdery te heroorweeg en te verander en

basies slimmer te boer, was duidelik sigbaar en is weer eens onder

besoekers se aandag gebring.

Die innoverende Agrisafe-risikobeskermingsaanbod deur die maat-

skappy is ook uitgebeeld en produsente kon met kenners hieroor

gesels. Met dié produk verskans Syngenta die waarde van die

produsent se Syngenta-produkte, uitgedruk in ton, teen die Safex-

prys van ‘n voorafbepaalde dag.

1: Andreas Boon (tegniese ondersteuning: Syngenta), James Daly

(Douglas), Naas Malherbe (Hertzogville), Pierre Nel (Douglas) en

Kobus Fourie (Wesselsbron) – almal Laeveld Agrochem-agente

– by Antonie Delport (besturende direkteur: Syngenta).

2: Jaco Botha (verkoopsbestuurder: Syngenta, Oos-Vrystaat),

Lukas Meyer (KAM Seedcare: Syngenta) en Andreas Boon by Syngenta

se saadplot. Die saadmaatskappy het hul saadplot verander sodat hul

uitstalruimte oorkant die saadplot geleë is.

3: Jaco Botha (verkoopsbestuurder: Syngenta, Oos-Vrystaat)

gesels met Tom Morule (Botswana) oor hul produk Agrimec Gold

wat aangewend word vir die beheer van rooispinmyt op mielies.

4: Frans Roos (verkoopsverteenwoordiger: Syngenta) en

Linda van der Merwe (hoof: Kliëntebemarking, Syngenta)

tydens NAMPO 2017.

5: Cassie Leonard (verteenwoordiger: Syngenta), Jasper Smit

(Sandveld, Wes-Kaap) en Nellis Louw (Piketberg, Wes-Kaap) by

die Avicta Complete-inligtingstasie.

6: Agter: Charl Marais en JD Grobler. Voor: Louise en AJ Wohlfahrt

saam met André de Beer (almal van Krugersdorp, Wohlfahrt Pluimvee)

by Syngenta se saadplot waar die Smartfarm-handelsmerk ten toon

gestel is. Smartfarm is sowat ‘n jaar terug bekend gestel. Dit fokus

op die ingesteldheid wat produsente aanmoedig om slimmer te boer

en hul boerdery te herevalueer en te verander deur beter besluite te

neem, produkte te koop en te belê in hul gewasse.

7: JP Nel, Bertus Wessel (albei van Clarens Idwala), Jaco Botha

en Werner Pienaar (Clarens Idwala).

PROMOSIE-ARTIKEL

JURGEN VAN ONSELEN,

Kolbe Media

1

4

2

5

6

3

7