Background Image
Previous Page  16 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 16 / 84 Next Page
Page Background

TERUGBLIK

NAMPO 2017

Spesiale

Junie 2017

14

Neels van der Wath van Bloemfontein pas ‘n paar egte leerstewels

by die Westernboots SA stalletjie aan. Hierdie stewels word onder

andere vanuit Denver in Colorado, Amerika ingevoer. Sanrie Whittle,

wat die eienaar van Westernboots is, glo nét in hierdie stewels en

dit is ál skoene wat sy en haar man op die plaas dra. Haar sussie,

Martelize Faber (op die foto), het haar gehelp met die verkope

op NAMPO.

Radium se inlyn-skotteleg met rubbermontering is geskik vir ligte werk.

Dit het 24 skottels, met ‘n werkwydte van 3 360 mm en werkdiepte van

3 980 mm. Die aanbevole kW-vereiste daarvoor is 90 kW tot 110 kW.

Shannon Michelle (verkoopsdame) en Nerissa Joubert (bemarkings-

bestuurder) het ons meer daarvan vertel.

Arend Langer (Monosem) demonstreer die Monosem NX M demon-

strasie

no-till

-plantereenheid met veranderlike toedienings- en

monitorstelsel aan Danie Terblanche en Hannes Terblanche (albei

van Dwaalboom). Monosem bou planters wat spesifiek ontwerp is

vir landbou-omstandighede in Afrika.

Afgri het vanjaar weer tydens die NAMPO Oesdag heelwat aandag

aan die bemarking van hul eAccounts gegee. Tydens ‘n inligtingsessie

kon produsente vrae rakende hierdie elektroniese rekeningdiens rig

aan die paneel: Tinus Prinsloo (Afgri Agridienste), Jacob de Villiers

(Afgri Graanbestuur), Ross Simmonds (Unigro Finansiële Dienste)

en Johan Barnard (Grocat).

Sasol het van die geleentheid gebruik gemaak om besoekers in te lig

oor alles waarby hulle betrokke is. Het jy geweet dat Sasol ‘n interna-

sionale, geïntegreerde chemiese en energiemaatskappy is waar

30 300 mense in 33 lande werk? Lebo Mokoena (links) en Cobus Beukes

(regs), beide van Sasol, het vir Pieter Jacobs en Piet Snyman (wat albei

LNR-Landbou-ingenieurs is) ingelig oor Sasol.

Francois Janse van Rensburg (Cerealis) verduidelik aan die twee be-

soekers van Kroonstad, Mindus Crous en Pieter Terreblanche, hoe die

V Drive-planteraandrywing van Cerealis werk. Die plantereenhede het

geen kettings nie: Dit word elektries aangedryf.

Nuwe NAMPO-rekord