Background Image
Previous Page  15 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 15 / 84 Next Page
Page Background

Alhoewel sonneblom nie in hulle wêreld aangeplant word nie, het

Billy Stewart (Napier) en Stephan de Villiers (Caledon) belangstellend

vir Henk Crafford (Agricol) uitgevra oor een van Agricol se nuwe

sonneblomkultivars, Agsun 5270. Die kultivar lewer ‘n konstante,

bestendige opbrengs, het goeie siekteweerstand en kan van die

Springbokvlakte tot by Bloemfontein aangeplant word.

Dié personeel van Pioneer, Philip Fourie (links) en AJ Steyn (tweede van

regs), het vir Manie van Rooy (Tweeling) en André Theron (Frankfort)

meer inligting gegee oor die maatskappy se nuwe P2319B-kultivar

met die MON 89-dubbelgeen (wat bestand is teen stronkboorder).

Die kultivar is wyd aangepas – vir die ooste tot in die weste. Dit is

sterk meerkoppig – ook by ‘n lae plantestand.

Pascalina Mohlotsane, Khwathiso Netshifhefhe (albei van die Univer-

siteit van die Vrystaat) het met Hendrik Mokoto (Pannar) kom gesels

oor die saadmaatskappy se geelmieliebasterpakket vir die westelike

produksiegebied. Hendrik het hulle meer vertel van hul PAN5A-182-

en PAN 6R-710BR-kultivars.

Henco en Rouxan Fouché (voor) het saam met pa Cobus Fouché

(agter links) die NAMPO Oesdag besoek en ‘n draai by Monsanto se

saadplot gemaak. Cobus is een van die produsente wat hierdie jaar

DKC75-65BR as ‘n proef by hom aangeplant het en het opgewonde met

Leon Pretorius (Monsanto) oor dié nuwe witmieliekultivar gesels. Dit is

‘n mediumgroeier met die MON 89-geen en is vanjaar vir die eerste keer

kommersieel verkoop en ook in plantpopulasieproewe aangeplant.

Wally Bergmann (besturende direkteur: Smith Power Equipment) en

Deon Engelke (hoofbestuurder: Verkope, Kubota) is baie trots op die

Kubota M9540-trekker. Volgens Deon is die twee uitstaande kenmerke

van dié 71 kW-trekker sy kort draaisirkel en lae brandstofverbruik.

Die trekker is geskik vir algemene plaaswerk.

SA Graan/Grain

het ook ‘n draai gemaak by sy kennisvennote en

medewerkers wat gereeld artikels vir die tydskrif skryf: LNR-Kleingraan

en LNR-Graangewasse het oudergewoonte in die Microbial Solutions-

saal uitgestal. Voor: Lieketso Moremaholo, Mary James en

dr Annalie Barnard. Agter: Drs Annemie Erasmus en André Malan.

TERUGBLIK

NAMPO 2017

Spesiale

13

June 2017

Nuwe NAMPO-rekord

Uitstallers by NAMPO 2017