Background Image
Previous Page  10 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 10 / 84 Next Page
Page Background

TERUGBLIK

NAMPO 2017

Spesiale

Junie 2017

8

Nuwe NAMPO-rekord laat

vorige syfer in stof byt

D

ie huidige uitstekende seisoen vir somersaaigewasse het

bygedra tot ‘n nuwe rekordgetal van 78 648 besoekers

tydens Graan SA se afgelope NAMPO Oesdag. Besoekers

se positiwiteit was inspirerend en heelwat van die meer as

700 uitstallers rapporteer dat hulle goeie besigheid gedoen het.

“Laasjaar hierdie tyd het produsente midde-in die ergste droogte

in dekades mekaar tydens die NAMPO Oesdag moed ingepraat en

planne uitgeruil. Hierdie jaar deel ons in mekaar se vreugde met

die belowende oes wat op hande is,” het mnr Jannie de Villiers (uit-

voerende hoofbestuurder: Graan SA) gesê.

“Die publiek geniet die hartlike atmosfeer en hulle is honger vir

inligting oor hoe die landboubedryf die toekoms help ontsluit.

Lede van ‘n Europese handelsending na die Oesdag het selfs ver-

wys na die familiegees en geborgenheid wat hulle tussen Oesdag-

gangers ervaar het.”

NAMPO se hoofdoel is om landbouers en verskaffers by mekaar

uit te bring, maar die belangrikheid daarvan om te netwerk, ven-

nootskappe te sluit en betrekkinge te vorm is ‘n sleutelfaktor

waarsonder die landboubedryf nie kan oorleef nie. Verskeie

besoekersgroepe uit Afrika, buurlande asook plaaslike politici

is tydens die Oesdag deur Graan SA ontvang en te woord

gestaan. Buitelandse besoekers wat op die uitkyk is vir plaaslike

vennootskappe en verspreidingsgeleenthede is ook ‘n algemene

gesig by die Oesdag.

Die doelwit om verstedelikte verbruikers nader aan landbou te

bring, is aktief bevorder toe aanbieders van die besigheidskanale

702

en

Power FM

vanaf die Oesdag uitgesaai het. Dié uitsaaiers

het hul by ander gewaardeerde radiostasies en gedrukte media,

wat al behoorlik in die landboufamilie ingeburger is, aangesluit.

Vanjaar se

Nasie in Gesprek

-paneelbesprekings het tot ‘n belang-

rike slotsom gekom deur die titelaktes wat steeds in die hande

van die staat is as knelpunt vir vordering met grondhervorming uit

te wys.

Volgens De Villiers het die nuwe Oesdagbestuurspan goed gevaar

en selfs ‘n paar nuwe dinge aangepak. Hieronder tel die volgende:

Vroueprogram

Na ‘n afwesigheid van twee jaar, was die vroueprogram met

mening terug by die Oesdag. Die nuwe ligging en formaat het vir ‘n

uitstekende opkoms gesorg.

4x4-kleinboet staan sy man

Bywoning van vertonings by die nuwe hindernisbaan vir vierwiel-

motorfietse, motorfietse en

side-by-side’s

het van ‘n stadige begin

op die eerste dag tot ‘n stewige bywoning vir die res van die week

toegeneem.

Internasionale Jong Afslaerskompetisie

Die gewilde Jong Afslaerskompetisie het oor drie dae gestrek. Af-

slaers uit die VSA, Argentinië, Namibië en Suid-Afrika het mekaar

die stryd aangesê. Graan SA wens graag vir mnr Steven Mathews,

wat Suid-Afrika se naam hoog gehou het deur as kompetisiewenner

uit die stryd te tree, geluk. ‘n Korporatiewe uitdaging het vir ver-

maak gesorg toe uitstallers mekaar se afslaersvernuf op die proef

gestel het.

Bulle/ramme en vroulike diere in aanvraag

Volgens die veegenootskappe wat uitgestal het, het die drastiese

afname in die pryse van eksotiese wild en herstel ná die droogte,

gesorg vir ‘n stewige vraag na bulle/ramme en vroulike diere.

Graan SA Belewenissentrum

Lede van Graan SA kon in die nuwe Belewenissentrum ‘n oorsig

kry van die organisasie se dienste en aktiwiteite. Die NAMPO-

handelsmerkprodukte wat te koop aangebied is, was ‘n treffer en

die eksklusiewe parkering en ledelokaal het weer eens ‘n positiewe

ervaring vir opbetaalde lede van die organisasie gebied.

Aksie in die vee-arena

Die jeugskou, beesparade en perdevertonings het heelwat voete

daagliks na die vee-arena getrek.

Aanloopbaan

Gedurende die vier dae het 343 vliegtuie en 82 helikopters van die

aanloopbaan gebruik gemaak. Groepe besoekers wat van huurvlugte

gebruik maak, word al meer hier gesien. ‘n Uitstaller wat lugvaart-

instandhouding doen, was vir die eerste keer deel van die fasiliteit.

“Die ontwikkeling van die oostekant van die terrein is betyds vir

NAMPO 2017 afgehandel. Die skaalgrootte van die Oesdag is tans

op ‘n vlak waar sake soos verdere verbetering van infrastruktuur,

mededingendheid van uitstallings en bykomende akkommodasie

in die onmiddellike omgewing aandag sal geniet – eerder as om

die skou groter te maak. Ons wil vir ‘n landbouer wys uitbreiding is

soms vertikaal en nie noodwendig horisontaal nie. Die Oesdag

bied dus iets vir elkeen in landbou: Vanaf ‘n 1 ha-boer tot by ‘n

megaprodusent, met die klem op innovasie, nuwe tegnologie,

waardetoevoeging en volhoubaarheid,” het mnr Cobus van Coller,

Oesdagvoorsitter, gesê.

Die openbare padnetwerk na en van NAMPO Park buite Bothaville

bly vir Graan SA ‘n bekommernis. Ten spyte van verskeie pogings

tot gesprekvoering met owerhede – en hoewel die geleentheid ‘n

finansiële inspuiting vir die Vrystaat en omgewing is – is die swak

toestand van die omgewing se paaie betreurenswaardig.

Volgende jaar se NAMPO Oesdag word beplan vir 15 tot 18 Mei.

JOHAN SMIT,

besturende redakteur:

SA Graan/Grain

. Foto’s:

VALERIE CILLIERS, ESTIE DE VILLIERS, LOUISE KUNZ,

CHRIS MILNE, RUTH SCHULTZ, ADRI THERON

en

JADINE VAN HEERDEN,

SA Graan/Grain

medewerkers