Background Image
Previous Page  6 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 6 / 84 Next Page
Page Background

4

d

it is ‘n stowwerige tyd van die jaar. In die suide plant die

manne in die stof en in die noorde word daar gestroop.

In Bloemfontein (It‘s Time) het ons letterlik gebid dat

die stof gestaan het. In die

townships

word daar klip

gegooi en vure aan die brand gesteek. Die een aksie

belê in die toekoms en die ander breek af wat opgebou is uit frustra-

sie oor drome wat nie waar word nie.

Ons is almal maar te bewus van die seisoene en tyd vir elke saak,

maar die droom in ons harte bly egter dat die seisoen in Suid-Afrika

nou moet draai. Ek het nogal gewonder wat nou eintlik sal moet ge-

beur dat ons nie net in geloof die gety sien draai nie, maar ook op

die grond.

Dalk ‘n nuwe president, dalk ‘n nuwe regering, dalk ‘n 4%-groei in

die ekonomie met laer werkloosheid? (Oor Suid-Afrika se rugby

droom ons liewer nie!)

Met die surplus mielies dié jaar het ons twee belangrike vrae vir

mekaar gevra: Wat kan veroorsaak dat Suid-Afrika ±400 000 ha

minder mielies plant in die volgende seisoen – wat ons weer na

invoerpariteit sal neem? Ons het gedink aan nog ‘n droogte, dalk

die beskikbaarheid van finansiering, dalk bloot net die swak wins-

gewendheid van die kommoditeit of dalk ‘n Zim-agtige grondher-

vormingsplan.

Die ander faktor wat dit kan beïnvloed, lei ons na die tweede vraag:

Hoeveel meer hektare moet aan sojabone afgestaan word voor

die prys ook na uitvoerpariteit sal neig? Wat laasgemelde betref, is

ons nog ver.

Die sojabone doen vanjaar uitstekend en sal beslis in die volgen-

de seisoen meer aandag trek. Die groot inspuiting in die vorm van

nuwe tegnologie vir sojabone is egter nog twee seisoene ver.

Koringaanplantings in die Vrystaat gaan dié jaar ‘n groot toets

moet deurstaan. Daar is nie soos verlede jaar oorlêmielielande wat

geplant moet word weens ‘n droogte nie. Met die lae mielieprys kan

dit egter ‘n paar produsente diep laat nadink.

Wat al hierdie dinge vir my sê, is dat produsente heelwat meer aan-

dag aan hul bemarking sal moet gee voordat daar oor volgende

seisoen se aanplantings gedink word. Die wintergrane sal alreeds

hierdie seisoen die impak van die nuwe besluite oor graadverskille

kan sien, maar dalk ook die nuwe koringtarief moet verreken.

Met die skryf van die artikel was die nuwe tarief nog nie bekend

nie. Ten minste nie aan Graan SA nie. Ons sien egter dat ‘n paar

manne reeds koring begin verhandel het asof hulle vooraf gehoor

het wat die Minister oor die tarief besluit het.

Ek is vol vertroue dat die regulatoriese owerhede met ‘n vergroot-

glas na dié tipe optrede sal kyk. Ons is moeg vir korrupsie en sal

graag wil sien dat dit uitgeroei word. As ek sê uitroei, dink ek aan

my ma se woorde as ons vuilgoed in die groentetuin moes uittrek:

“Met wortel en tak!” Sommer net so bolangs werk maar net ‘n

kort rukkie.

Ek sit vanoggend en lees hoe ‘n aantal bekende joernaliste wat

NAMPO 2017 bygewoon het oor landbou skryf. Ai, dit gee ‘n

mens hoop dat wildvreemde mense hul siening oor landbou en sy

mense kan verander – as hulle ons maar net wil kom besoek en met

ons praat.

Al die internasionale besoekers en uitstallers praat van die vrede-

volle familiegees wat op NAMPO heers. Dankie aan elkeen wat ‘n

bydrae kom maak het om die wêreld te wys daar is nog hoop en

daar is nog vrede.

Vir myself was een van die hoogtepunte die skuif in die debat:

Landbou soek ‘n eie pad vir die toekoms. Ons kan nie langer wag

dat ander oor ons besluit nie. Hulle sal ons iewers daar voor op die

nuwe pad kry. Ons beur nou vorentoe!

Die seisoen móét nou draai

JANNIE DE VILLIERS,

uitvoerende hoofbestuurder/CEO

Landbou soek ‘n eie

pad vir die toekoms.

Ons kan nie langer

wag dat ander oor

ons besluit nie.

STANDPUNT

POINT OF VIEW

Graan SA

Junie 2017