Background Image
Previous Page  42 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 42 / 44 Next Page
Page Background

40

Beste Grootneef

d

ie ander dag hoor ek die hoogste burger van die

Goudstad murmureer oor lamppale wat weg is. Net

so in die vergetelheid weg – asof die paal nooit sy

staan op die sypaadjie gekry het nie.

Ou Neef, maar hoe op aarde steel jy ‘n lamppaal en

wat maak jy met die ding? Jy kan dit tog nie in jou broeksak sit en

wegloop nie. Jy sal lyk soos ‘n vuurvlieg op

steroids

. Dis ook nie

net vir vat en laai op ‘n bakkie nie – die bakkie sal lyk en voel soos ‘n

oorgewig slak op Kerkplein.

Die enigste ander verklaring vir die verlore lamppaal, is dat my

korporaal van ouds opgedaag het vir bondel sports. Dit was sy

manier as hy gedink het daar is te min aksie – om die troepe en

‘n teerpaal vir sports op ‘n bondel te jaag, op en af teen Potch se

artilleriekoppe. Maar waarskynlik is die korporaal nou ook oud en

gedaan en nie meer lus vir teerpale en troepe nie. ‘n Peloton met

‘n lamppaal op die rug sou ook ‘n verkeersknoop van hier tot by

Tant Koek se hoenderhaan veroorsaak het.

Die enigste ander manier om ‘n lamppaal te steel, is om die paal

soos ‘n brood in snye op te saag. Maar so ‘n gesaag sou selfs

vir Lazarus uit die dood opgewek het. Probeer soos jy wil, om ‘n

lamppaal op te saag, is nie iets wat jy suutjies kan doen nie.

Ou Neef, die groot vraag is egter, as jy al die moeite gedoen het

om ‘n lamppaal te steel, wat maak jy met die ding? Dit sal tog in

geen voorkamer pas nie, al is jy hóé

kitch

. As buitelig in die agter-

plaas by die braai, sal dit ook nie deug nie – bure praat mos.

Die groot vraag bly dus, hoe steel 'n mens ‘n lamppaal? Dalk is die

antwoord verskuil in hoe ‘n ystervark kleintjies kry. Die antwoord

is: Baie versigtig. Ou Neef, dalk het die lamppaal ‘n gelukkige einde

gevind by iemand wat nog altyd ‘n lamppaal wou hê om sy liggie te

laat skyn. Met die skrywe hiervan was die paal nog soek.

Ou Neef, die Kaapse waterpenarie moet nie onderskat word nie.

Water kan nie in ‘n fabriek aanmekaargeslaan word nie. Dis genade

uit die hemel of grondwater onder uit die aarde uit. Jy kan dit dalk

skoonmaak of ontsout, maar jy kan nie water uit niks optower nie.

Sonder water word die wêreld ‘n Namib, ‘n Sahara of ‘n Gobi.

Die inwoners van Windhoek spog lankal dat hul die skoonste

water in die wêreld het – teen die tyd dat jy daarvan kry, is dit al deur

sewe pare niere. Dis waarskynlik die lot wat op almal in die Suidland

wag, want daar is eenvoudig nie genoeg water om dit net weg te

spoel nie. Die alternatief is om jaarliks ‘n paar ysberge in Antarktika

te gaan vang en aan te sleep Kaapstad toe.

Water in die Kaap sal nooit weer dieselfde wees nie. Dis eers as

iets weg is, dat jy dit van waarde ag. Vir die kinders in die noorde:

Moenie in die water speel nie, die ou mense wil dit drink.

Ou Neef, voorspoed vir 2018 in die vreemde, vreemde land waarin

ons woon.

Groete op die Oosgrens!

Kleinneef

E-POSSE

aan Groot neef

Hoe steel mens ‘n lamppaal?

Lesers is welkom om ‘n e-pos aan Kleinneef te stuur by

kleinneef@graingrowers.co.za

.

Januarie 2018