Background Image
Previous Page  38 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 38 / 44 Next Page
Page Background

Januarie 2018

36

AKTUEEL

Kwaliteitsresultate

Gluten is die proteïenfraksie wat die deeg- en bakeienskappe van

koringmeel bepaal. Die reologiese eienskappe hierbo genoem, hou

verband met die kwaliteit van die gluten en die glutennetwerk, wat

ontwikkel word tydens die meng van deeg.

‘n Swak kwaliteit deeg ontwikkel vinnig en het ‘n lae energie-

insetbehoefte, terwyl ‘n sterk kwaliteit deeg langer neem om

te ontwikkel en ‘n hoër energie-inset benodig. Goeie kwaliteit

word gekenmerk aan hoër waterabsorpsies (as gevolg van beter

waterbindingsvermoë), langer mengtye en stabiliteite op die

farinogram en hoër sterktes op die alveogram en ekstensogram. Die

rekbaarheid van die deeg moet ook genoegsaam wees om ‘n goeie

broodvolume te verseker.

Farinogramwaterabsorpsie (14% vb) was 60,1%, – effens laer as

in 2015/2016. Die ontwikkelingstyd van 5,2 minute was 0,6 mi-

nute korter. Die stabiliteit (8,3 minute) het goed vergelyk en was

0,3 minute langer. Die alveogramsterkte was 37,0 cm

2

en die

P/L-waarde 0,57.

Die sterkte vergelyk goed met die vorige seisoen, alhoewel dit

effe laer is. Die rekbaarheid (L-waarde) het toegeneem, terwyl

die stabiliteit (P-waarde) effens afgeneem het. ‘n Kombinasie van

dié faktore verklaar die verlaging in die P/L-waarde vergeleke met

verlede seisoen se gemiddelde waarde.

Die gemiddelde ekstensogramsterkte was 99 cm

2

in vergelyking

met die 105 cm

2

van verlede seisoen. Beide die maksimum

hoogte en rekbaarheid het goed ooreengestem met dié van die

2015/2016-seisoen. Die 100 g-bakevaluasie het getoon dat die

verhouding tussen die broodvolume en proteïeninhoud uitste-

kend is.

Al die gemiddeldes waarna in hierdie artikel verwys word, is ge-

weegde gemiddeldes.

40 monsters, geselekteer om die verskillende produksiestre-

ke, asook grade, te verteenwoordig, is getoets vir die teen-

woordigheid van mikotoksienresidu met behulp van ‘n UPLC-MS/

MS-instrument en ‘n SANAS ISO/IEC 17025-geakkrediteerde multi-

mikotoksienmetode.

Vier monsters het positief getoets vir deoksinivalenol (DON)-

residu. Die gemiddeld van hierdie vier positiewe waardes was

289 μg/kg, met die hoogste waarde gemeet 501 μg/kg. Hierdie

vlakke is egter steeds aansienlik laer as voorgeskrewe nasionale

(Goewermentskennisgewing Nr. 987 van 5 September 2016) en

internasionale maksimumvlakke.

Dit is belangrik dat die monitering van mikotoksienvlakke jaarliks

gedoen word, aangesien die teenwoordigheid en vlak van verteen-

woordiging van swamme en mikotoksiene van seisoen tot seisoen

kan verskil.

Die bepaling van aminosuurprofiele, wat 18 verskillende aminosure

insluit, is hierdie seisoen vir die eerste keer as deel van die opname

ingesluit. Die profiele van 40 monsters, wat verskillende grade

en produksiestreke verteenwoordig, is bepaal. Aminosure is die

boublokke van proteïene en is uiters noodsaaklik vir die goeie

gesondheid van beide mens en dier. Vir meer besonderhede oor

die resultate word lesers verwys na die 2016/2017-koringoeskwa-

liteitverslag.

Die resultate van die 19de jaarlikse koringoeskwaliteitsopname

is beskikbaar op die SAGL-webtuiste (

www.sagl.co.za )

. Die

2016/2017-koringoeskwaliteitsverslag is ook elektronies in ‘n PDF-

formaat beskikbaar.

3: Deeg word in ‘n driedimensionele vlak gerek tydens die uitvoering van die

Alveograaf-metodiek.

4: ‘n Analis besig met voorbereiding vir die multi-mikotoksienanalise op die

LC-MSMS-instrument.

3

4

Waardering

Met opregte dank aan die Wintergraantrust vir hul volgehoue finansiële steun van die jaarlikse opnames, asook aan

die lede van Agbiz Grain en meulenaarsmaatskappye vir die neem en instuur van verteenwoordigende koringmonsters.