Background Image
Previous Page  34 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 34 / 44 Next Page
Page Background

Januarie 2018

32

AKTUEEL

Grain Academy

2017-studente gesels saam

N

a afloop van die vyfde jaarlikse Grain Academy, het ons by twee van die gegradueerdes van die jongste groep ingeloer, naamlik

me Preline Swart (Graan SA Hoofbestuurslid) en me Petru Fourie (navorsingskoördineerder en produksiekoste-analis, Graan SA).

Preline Swart boer op Bredasdorp, naby haar tuisdorp, Elim, met koring, gars, titricale en hawer. Sy is lief vir haar familie, is ma vir

twee wonderlike kinders en geniet dit om te lees en nuwe plekke te sien. Sy is ook baie lief om te lag en mense te motiveer.

Petru Fourie is passievol oor landbou en werk sedert 2008 vir Graan SA. Sy het ‘n meestersgraad in Landbou-ekonomie aan die Universiteit

van die Vrystaat behaal en geniet in haar vrye tyd sport, die buitelug, om aktief te wees en om te lees.

Dié twee dinamiese dames was deel van die Grain Academy se Klas van 2017. Die Grain Academy – ‘n sakeleierskapsontwikkelings-

program onder leiding van Syngenta in samewerking met die Universiteit van die Vrystaat se Sakeskool, met die ondersteuning

van Graan SA – fokus daarop om ‘n slimboerdenkwyse en -benadering tot die landbou te vestig en om gegradueerdes aan te moedig om dit

wat hul geleer het, met ander in die landboubedryf te deel.

Met die fokus van die program wat op die kuns van leierskap en persoonlike heelheid was, was dit die ideale geleentheid om

hul innoverende en slim denkwyses te beproef met ‘n sarsie

impromptu

vrae.

ALZENA GOMES,

skakelbeampte, Graan SA

Preline Swart

Is jy meer van ‘n jagter of ‘n versamelaar?

PRELINE:

Versamelaar – ek maak alles bymekaar. Ek moet soms al-

les bymekaar maak om myself te vind. Maar, daar skuil dalk so bietjie

van ‘n jagter in my.

PETRU:

Versamelaar – ek is ongelooflik sentimenteel!

Jy is 'n nuwe toevoeging tot die vetkrytboks. Watter

kleur sal jy wees en hoekom?

PRELINE:

Bloedrooi – omdat ek verskriklik vir ander omgee en ek

leef om ‘n verskil te maak.

PETRU:

Groen – groen simboliseer groei en lewe. Ek hou daarvan

om by te dra tot mense se lewens, om ‘n tipe van ‘n

stepping stone

te

wees. Groen wys ook ‘n nuwe seisoen aan.

Ons voltooi die onderhoud en jy stap buite die kan-

toor en vind 'n loterykaartjie waarmee jy uiteindelik

R10 miljoen wen. Wat sal jy doen?

PRELINE:

Ek gaan eerstens so R1 miljoen vat en vir ‘n klomp kinders

en ‘n klomp mense ‘n groot glimlag op hul gesiggies sit. Dan gaan

ek my huis wat ek graag wil hê, koop en laastens gaan ek my kinders

en familie en almal wat ‘n verskil in my lewe gemaak het, bederf. En

die laaste bietjie gaan ek wegsit vir eendag.

PETRU:

Ek is meer van die liefdadigheidsgeval-tipe – ek sal dit

verseker verdeel. ‘n Derde sal gespaar word, ‘n derde sal vir liefda-

digheid gaan en ‘n derde vir dié mense wat ek weet dit nodig het.

As jy enige dier in die wêreld kan wees, watter dier

sal jy wees en hoekom?

PRELINE:

‘n Leeu, want dan kan ek sterker wees as wat ek nou is – en

niks en niemand kan met jou maak soos hul wil nie.

PETRU:

‘n Hond – ‘n lojale vriend. Maar baie belangrik, ‘n hond in

‘n goeie huis, want dan bring ek ook geluk aan ander.

By watter twee organisasies buite jou eie ken jy die

meeste mense en hoekom?

PRELINE:

Agri SA, omdat ek nóú saam met hulle werk en Casidra

– ‘n implementeringsagentskap vir die Wes-Kaapse Departement

van Landbou. Hulle weet wat om te doen om nuwe era-boere te

help – al gaan dit partykeer ‘n bietjie stadig.

PETRU:

Monsanto, die Oesskattingskomitee en Departement van

Wetenskap en Tegnologie. Landbou is ‘n klein wêreld en ons werk

al lank saam.

Wat inspireer jou?

PRELINE:

Om ‘n glimlag op iemand anders se gesig te sit – ten spyte

van my omstandighede – en om ‘n verskil in iemand anders se lewe

te maak.

PETRU:

Ek glo ons almal het ‘n

destiny

, ‘n doel om te vervul. En net

ek kan dit doen en niemand anders nie. Die dieper soektog na my

doel en hoe om dit uit te leef, inspireer my – deur dik en dun en

maak nie saak wat nie!

Beskryf die kleur geel aan iemand wat nie kan

sien nie.

PRELINE:

Dit is warm, baie warm. So asof jy jou hande oor warm

kole hou.

PETRU:

Dit is helder en opkikkerend en die kleur van hoe die son op

jou vel voel. Gelukkig en warm en vrolik. En die teenoorgestelde van

iets wat donker is. Dit is ‘n kleur waaraan waarde geheg kan word.